EntertainmentLifestyle

Ligstad Kunste

Kontak vir Alida Jooste by 011 907 0517 of 079 3666, of vir Daniel Viljoen by 011 907 0518 vir meer inligting.

MUSIEKLIEFHEBBERS mag hierdie geleentheid nie misloop nie.

‘n Top orrelis en trompetspeler sal op Sondag, 11 September, om 16:00, saam met bekende tenoor Coert Grobbelaar ‘n uitvoering by Ligstad aanbied.

Die nuutgestigde Ligstad Kunste Akademie (LKA) maak sy buiging voor Albertonners met hierdie eerste uitvoering.

Dit sal hoofsaaklik ‘n orrel uitvoering wees, met Marnus Greyling as orrelis.

Greyling vertrek op 18 September na Engeland, waar hy by die Universiteit van Cambridge verder in orrelonderrig en koorafrigting gaan studeer. Hy is ook aangestel as musiek direkteur by Downing College Cambridge, waar hy vir die kapelmusiek verantwoordelik sal wees.

Greyling word reeds as een van die mees begaafste orreliste in die land beskou. Hy beskik oor ‘n indrukwekkende repertoire en het met verskeie werke vir orrel en orkes saam met die Johannesburgse Fees Orkes, die Gauteng Filharmoniese Orkes en die Johannesburg Performing Orchestra opgetree. Verdere optredes sluit in die Simfoniese Koor en die Chanticleer Singers, onder leiding van Richard Cock.

Tans beklee hy die gesogte orrelpos in die St George’s Anglican Church in Parktown.

Greyling was die wenner in die orrel kategorie van die 2015 ATKV Muziq kompetisie, en ‘n pryswenner in die algehele instumentale afdeling van dieselfde kompetisie.

Saam met Marnus Greyling sal ook die trompetspeler Jevon O’Donovon optree. As vermaarde trompetter het hy vir die Johannesburgse Simfonie Orkes en die Roodepoort Ensemble opgetree. Hy is ook ‘n gereelde solis by die Johannesburg Pops.

Sedert 2005 het hy ‘n kontrak met die Barnyard groep en tree hy op in meeste van hulle produksies.

O’donovon het talle hoogtepunte in sy loopbaan, wat ook sy optredes met wêreld beroemde orreliste soos Jane Parker-Smith en Clive Driskill-Smith insluit.

Opera tenoor Coert Grobbelaar sal ook ‘n paar werke sing. Benewens talle rolle op die opera verhoog, is Grobbelaar ook bekend as kunsliedsanger, beoordelaar by talle kunswedstryde, eisteddfods en sangmeester.

Die uitvoering sal in die ou Eeufeeskerk, op die hoek van Gerrit Maritz en Van Riebeecklaan, in Alberton-Noord plaasvind. Dit beloof om ‘n besonderse uitvoering te wees.

Kaartjies beloop R75 per persoon en kan by Ligstad gekoop word, tydens kantoor-ure (08:00 tot 16:00).

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button