CompetitionsLifestyle

Win Nu Metro Movie Tickets: Heidi

Dit is die eerste keer dat Heidi op Suid-Afrikaanse fliekskerms verskyn.

DIE geliefde Heidi keer terug – hierdie keer op die grootskerm vanaf Vrydag, September 2, by Nu Metro The Glen en ander teaters landswyd.

‘Heidi’ is ’n hartroerende verhaal oor kindwees, aanvaarding en vriendskap vir die hele familie. Die ikoniese geanimeerde TV kinderreeks het die hele Suid-Afrika behoorlik in die 1980’s bekoor en amper 30 jaar later gaan ‘Heidi’ nou vir die eerste keer op Suid-Afrikaanse fliekskerms verskyn – en in Afrikaans!

Hierdie nuwe fliekweergawe van die storie spog met die stemme van Suid-Afrika se bekendste en gewildste akteurs insluitend Jenna Dunster as Heidi, Charlene Brouwer as Klara, Ruan Wessels as Peter, Louis van Niekerk as Oupa (hy was ook die stem van Oupa in die destydse TV-reeks), Rolanda Marais as Mejuffrou Rottenmeier, Sandra Prinsloo, Anel Alexander en Anelisa Weiland (wat ook die stem van Heidi was in die oorspronklike TV-reeks). Henriëtta Gryffenberg het die regie vir die Afrikaanse oorklanking behartig.

Heidi, ’n weeskind, bring haar gelukkigste tye as kind by haar eksentrieke oupa, Almöhi, deur. Hy woon in ’n eenvoudige huisie in die Switserse berge, afgesny van die buitewêreld. Sy en haar vriend Peter pas saam Almöhi se bokke op en die vryheid wat die berge hulle bied, geniet hulle terdeë.

Maar hierdie sorgelose dae kom tot ’n einde toe Heidi deur haar tante Dete na Frankfurt geneem word. Die idee is dat sy by die ryk meneer Sesemann en sy gesin moet inwoon en ’n maatjie vir sy dogter Klara, wat in ’n rolstoel is, sal wees. Sy kan dan terselfdertyd onder die wakende oog van die streng kinderoppasser, Fräulein Rottenmeier, leer lees en skryf.

Hoewel die twee dogtertjies gou maats word en Klara se ouma ’n passie vir boeke by Heidi laat ontwaak, word haar verlange na haar geliefde berge en Almöhi by die dag onuithoudbaarder…

‘Heidi’ is nie net ’n fliek wat herinneringe terugbring nie, maar ook ’n hoë gehalte fliek met beeldskone natuurtonele, asemrowende kamerawerk, uitstekende spel en ’n storie wat belowe om nuwe generasies te betower.

Bespreek kaartjies vir ‘Heidi’ op www.numetro.co.za of skakel 0861 246 362.

COMPETITION DETAILS:

ONE lucky reader can stand a chance to WIN double tickets to see ‘HEIDI’ at any Nu Metro cinema nationwide.

Entries Open: Thursday, September 1.

Entries Close: Wednesday, September 7, 12.00pm.

E-Mail the word HEIDI with your name, surname and cell number to sithembilez@caxton.co.za

The judge’s decision will be final and no correspondence will be allowed. 

Winner will be contacted on Thursday, September 8.  

T’s and C’s will apply:

Competition Terms and Conditions

*Tickets cannot be sold or exchanged for cash.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

 
Back to top button