EntertainmentLifestyle

Radio Raps laat die donasies inrol

Stepping Stone Hospice samel sowat R50 000 in tydens Radio Raps se vertoning.

DIE sowat 300 aanhangers van die gewilde Jonathan van Radio Raps wie verlede Woensdag, 10 Augustus, die Alberton Rugbyklub se boma volgepak het, het beslis nie teleurgesteld huistoe gegaan nie.

Sy vertoning ten bate van Stepping Stone Hospice in Alberton het luide applous ontlok. “Laat ek jou só sê” is briljant deur Jonathan saamgevat in ’n eenmanstuk wat handel oor dinge van die lewe wat alledaags is en ons kan irriteer. Tussen die gelag deur was daar ook oomblikke wat die gehoor kopskuddend met menige van sy sêgoed saamgestem het.

Sowat R50 000 is eindelik vir hospice met hierdie aand se verrigtinge ingesamel. ’n Helikoptervlug en ’n vier-bal na die Parys Gholfbaan langs die Vaalrivier, is opgeveil asook vakansies na die Elements en Pinnacle Point oorde.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button