Helpende Hand reik uit

Organisasie reik uit na minder bevoorregte gesinne in die gemeenskap.

HELPENDE Hand se Gauteng-Suidstreek het 250 gesinne gehelp met hul Augustus-uitreik. Swak ekonomiese toestande in Suid-Afrika is ’n realiteit wat baie landsburgers in armoede gedompel het. Die suide van Gauteng is geen uitsondering nie en daarom het Solidariteit Helpende Hand se takke in die streek besluit om uit te reik en verligting in die vorm van kospakkies sowel as toiletware aan 250 gesinne, wat swaar getref is, te bied. Die pakkies was van 10 tot 12 Augustus deur Helpende Hand-vrywilligers in die gemeenskap uitgedeel.

Die Gauteng-Suidstreek bestaan uit 17 takke en bedien die suide van Gauteng vanaf die Jukskeirivier tot by Carletonville. Adele Kruger staan aan die hoof van die streek as streekorganiseerder. As deel van die Augustus-uitreik gaan nog drie takke op Springs, Villiers en Luipaardsvlei gestig word.

“Ons streek bedien sowat 250 gesinne wat baie swaar kry in hierdie moeilike ekonomiese tye,” het Kruger gesê. “Ons het vir die gesinne ’n spesiale pakkie saamgestel met noodsaaklike kos en ook toiletware soos seep, tandepasta, sanitêre produkte en sjampoe en opknapper om die gesinne deur die maand te help.”

HELPENDE HAND: Die tak reik uit na ander.
HELPENDE HAND: Die tak reik uit na ander.

Die gesinne wat by die uitreik baat, word almal reeds ’n geruime tyd deur die takke ondersteun en hul nood is deur middel van Helpende Hand se assesseringsvorm bepaal.

Hierdie uitreik-aksie word moontlik gemaak deur ruim skenkings van die publiek. Willem Gerhard Combrinck van Wilgher Innovative Tools in Northriding het onder meer ’n skenking van R52 000 vir die inisiatief gemaak waarvoor daar groot waardering is.

Helpende Hand se visie is om oplossings te vind om Afrikaner-armoede aan te spreek en om dit deur middel van verskeie projekte te verlig, voorkom en te verbreek. Nagenoeg 80 persent van Helpende Hand se tyd en bronne word aan die voorkoming van armoede bestee, terwyl die ander 20 persent gelykop tussen die verligting van armoede en die verbreking van die armoedekringloop verdeel word.

Hoewel die Augustus-uitreik hoofsaaklik die swaarkry van die gesinne bloot verlig, glo Helpende Hand dat dit ’n belangrike taak is in die ekonomiese toestande wat tans in die land heers.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button