EntertainmentLifestyle

Laurika kom in Alberton kuier

Laurika Rauch en koorvermaak uit die boonste rakke.

OP 9 September kan koorliefhebbers na liedere wat deur Laurika Rauch bekendgemaak is kom luister by die NG Gemeente Alberton-Suid.

Laurika gaan ook die geleentheid bywoon waar ’n oorkonde deur die FAK aan haar gemaak word vir haar bydrae tot die Afrikaanse musiek.

Kore wat deelneem is die Cantare Kinderkoor, Laerskool Randhart, Leeuwenhof Akademie, Laerskool Elspark, Laerskool Dalmondeor en Harmonia Meisieskoor. Elke koor sal tydens die geleentheid ’n lied sing wat deur Laurika bekendgemaak is.

Kaartjies vir die konsert beloop R80 per persoon en kinders onder 12 is gratis.

Vir diegene wat graag vir Laurika wil ontmoet is daar ’n onthaal en ’n groet-en-ontmoet na die konsert. Daar is egter net ’n beperkte aantal kaartjies teen R150 per persoon vir die geleentheid beskikbaar. Kinders onder 12 wat ook die groet-en-ontmoet bywoon, se kaartjie vir die onthaal is R70.

Kaartjiebesprekings kan by “Concert bookings” op Cantare Kinderkoor se webwerf www.cantare.org.za gedoen word.

Vir verdere inligting en vir besprekings vir die groet-en-ontmoet skakel asseblief 082 257 1407 of stuur ’n e-pos na cantare1@telkomsa.net

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button