Hoe lyk jou Afrikaans

Almal se Afrikaans lyk anders

DIT IS vir jou lekker om Afrikaans te praat, te lees en te leer. Of jy nou Afrikaans is of nie, dit is vir jou lekker om dit te hoor.

Daar is nou ‘n veldtog wat jou nooi om te wys hoe jou Afrikaans lyk, en boonop te wen. Saam met Veldtog Afrikaans, wat op 1 Junie afgeskop het, is daar ook ‘n splinternuwe webtuiste, www.afrikaans.com, waar jy Afrikaans kan vier en haar in haar volheid verken. Dit is ‘n plek waar jy sal tuis voel. Afrikaans se horison is so wyd soos elke mens wat in hierdie kontinent geanker is en, op afrikaans.com is daar plek vir almal.

Jou kultuur, jou dialek, jou variant is jou Afrikaans. Staan nader … kom wys ons hoe lyk JOU Afrikaans en gesels saam.

Veldtog Afrikaans:

Veldtog Afrikaans het ontstaan uit ‘n gedeelde passie vir Afrikaans wat nou lewe gee aan ‘n opwindende bewusmakingsveldtog wat Afrikaans as handelsmerk sal vestig en bevorder, en die taal se beeld op ‘n positiewe wyse sal uitbou.

Die kern van die inisiatief is ‘n mediaveldtog deur middel van buitelugborde, asook redaksionele en advertensieblootstelling op televisie en radio en in die drukmedia.

Die kernboodskap van die advertensieveldtog is: Hoe lyk jóú Afrikaans? Die idee is om mense se belangstelling te prikkel en Afrikaanssprekendes, maar ook alle Suid-Afrikaners, te nooi om Afrikaans in haar volheid te vier en te verken. Die webtuiste, www.afrikaans.com, is ontwikkel om blootstelling te gee aan al die projekte waarby die veldtog aansluiting vind.

Afrikaans.com:

Afrikaans.com is ‘n wegspringplek vir alles Afrikaans. Dis ‘n plek waar jy jou wortels kan vind, jouself kan uitleef en uitdruk. Ons nooi jou saam op ‘n avontuurtog deur die wye landskap van ‘n taal met ‘n geskiedenis wat lees soos ‘n Deon Meyer-boek, ‘n hede so oproerig en vernuwend soos ‘n NP van Wyk Louw-gedig, en ‘n toekoms so opwindend soos die ritme van ‘n Hemelbesemtong. Dis vir dié wat die taal lief het en wat ‘n toekoms vir hierdie hartstaal wil bou, of sommer net die glimlag agter elke woord wil geniet en wil saamgesels.

Ambassadeurs vir Afrikaans:

Deel van Veldtog Afrikaans is die bekendstelling van ambassadeurs vir Afrikaans – mense wat deur ‘n verskeidenheid van projekte en inisiatiewe ‘n verskil maak. Afrikaans.com hou jou op hoogte en skep ‘n lekker lewendige netwerk waarby jy kan inskakel.

Neem deel:

Wat roer jou en wat raak jou? Hoe voel jou Afrikaans? Hoe proe of ruik jou Afrikaans? Hoe klink jou Afrikaans en hoe leef jy Afrikaans? Almal se Afrikaans lyk anders. Ons leef, praat en ervaar Afrikaans verskillend.

Op afrikaans.com kan jy self ‘n bietjie kom spog, inspireer of verras – neem deel aan die gesprek en kompetisie en WEN lekker pryse – jy kan tot R10 000 wen – of loer sommer net in en kyk hoe ander hulle ding doen in Afrikaans. Hierdie veldtog vra: Hoe lyk JOU Afrikaans?

Mede-liefhebbers van Afrikaans word genooi om deel te word van ‘n veldtog om saam aan die langtermyn toekoms van Afrikaans te bou. Besoek afrikaans.com en kom gesels saam!

Vir meer inligting of navrae, stuur ‘n e-pos aan Ingrid Erlank, redakteur vir Afrikaans.com na ingrid@afrikaans.com

Lees ook dié:

albertonrecord.co.za/?p=106031

albertonrecord.co.za/80706/afrikaans-movie-to-hit-cinemas/

 

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version