EntertainmentLifestyle

Leah steel Albertonners se harte

Dit was Leah van Niekerk se eerste keer by die Klipkoppiefees.

DIE beeldskone blondekop sangeres, Leah van Niekerk, van Bellville in Kaapstad se noordelike voorstede, het tydens die Klipkoppiefees ’n onderhoud met die RECORD gehad.

Dié ‘As jy Sing’-ster het op Saterdag 28 Mei opgetree en die gehoor betower met haar lieflike stem. Dit was haar eerste keer by die Klipkoppiefees en sy het Albertonners as baie vriendelike mense beskryf. Leah het ook oor haar eerste en nuutste debuut album, ‘Wonderwerk’, gepraat en gesê dat die snitte daarop iets vir jonk en oud bied.

“My musiek moet mense wys dat Afrikaanse musiek meer het om te bied,” het Leah gesê.

Haar klank is gemaklik, maar daar is ook die subtiele nuanses wat die evolusie aanvoer van musiek wat sy baie liefhet. Johan Vorster en Christoph Kotze het 13 van die 14 snitte geskryf op hierdie koel versameling saamgeselsliedjies wat Leah se toetrede verteenwoordig.

Sy was tydens vanjaar se Ghoema-toekennings as die Nuweling van die Jaar aangewys nadat sy vir vier toekennings genomineer was. Leah spog ook met ’n BCom graad in regte en het opleiding aan die Waterfront Teaterskool gedoen. Sy is al vir twee jaar getroud en het gesê dat kommunikasie ’n groot rol in haar verhouding speel, omdat sy so baie van die huis af is.

Hier is nog vrae wat tydens die onderhoud gevra is:

1. Wat sou jy aan die wêreld wou verander?

Minder verkeer.

2. Het jy ’n gunsteling dorpie in Suid-Afrika om op te tree of om vakansie te hou?

Ek hou daarvan om vakansie te hou in die Weskus en wanneer dit kom by optredes, is die klein dorpies vir my die geesdriftigste en dit is net ’n ander gevoel.

3. Vergeet jy ooit jou woorde as jy optree?

Ja, baie en dan maak ek net seker dat ek vinnig iets opmaak.

4. Wat wil jy as Leah nog bereik?

Nog baie albums uitbring en miskien eendag my eie draaiboek vir ’n fliek skryf.

5. Wat is jou droomplek om eendag by op te tree?

Ek wil baie graag eendag by die Royal Albert Hall in Londen, Engeland gaan optree.

6. Hoe hanteer jy kritiek?

Wel, ek probeer dit altyd soos ’n man vat.

7. Sal jy weer by die Klipkoppiefees of in Alberton kom optree?

Ja, ek sal enige tyd weer. Dit is ’n lekker dorp dié.

8. Is dit in die pyplyn dat jy dalk in nog ’n fliek of teaterproduksie te siene gaan wees?

Ja, ek doen oudisies vir alles en sal definitief daarvan hou.

OPTREDE BY DIE KLIPKOPPIEFEES: Hier is Leah op die verhoog tydens die fees.
OPTREDE BY DIE KLIPKOPPIEFEES: Hier is Leah op die verhoog tydens die fees.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button