Modder en Bloed draai Vrydag 1 April by teaters

Die epiese fliek 'Modder en Bloed' ('Blood and Glory'), deur Dark Matter Studios ('Leading Lady') en 'Collective Dream Films' ('Platteland', '’n Man Soos My Pa') open op 1 April in teaters landswyd.

DIE epiese fliek ‘Modder en Bloed’ (‘Blood and Glory’), deur Dark Matter Studios (‘Leading Lady’) en ‘Collective Dream Films’ (‘Platteland’, ‘’n Man Soos My Pa’) open op 1 April in teaters landswyd.

Kaartjiebesprekings is reeds oop en kan gemaak word by Ster Kinekor https://www.sterkinekor.com/#/book/8003/Modder%20en%20Bloed/ of by Nu Metro https://www.numetro.co.za/#/movie/3751

Resensente se lof vir die fliek stroom reeds in.

LitNet se Reney Warrington sê: “Modder en Bloed is ’n nuwe hoofstuk in die Suid-Afrikaanse filmbedryf. Eindelik is hierdie film wel ’n epiese goedvoelfliek met ’n reusagtige hart en ’n wonderlike storie.”

Daniel Dercksen van The Writing Studio stem volhartig saam, “A commanding film that changes the face of the South African Film Industry,” terwyl Channel 24 die fliek só beskryf: “Modder en Bloed is a new Afrikaans film that goes where few other local films have.”

Die fliek, wat ’n groep Anglo-Boereoorlog gevangenes op St. Helena-eiland se ontberings, uithouvermoë en die dapper aanvaarding van ’n uitdaging uitbeeld, spog met een van die grootste rolverdelings nog in ’n Suid-Afrikaanse film.

Plaaslike akteurs insluitend Stian Bam, Altus Theart, Edwin van der Walt, Grant Swanby, Bok van Blerk, Deon Lotz, David Louw, Albert Maritz, Michael Richard, Jacques Bessenger en Albert Pretorius is van die akteurs wat in hierdie epiese fliek te sien is.

Britse sterre in die rolverdeling sluit in Charlotte Salt (‘Beowulf’ en ‘The Tudors’), Patrick Connolly (‘Inferno’ en ‘Crushed’), Nick Cornwall (‘Blood Loyal’ en ‘Retribution’) en Josh Myers (‘The Sweeney’ en ‘Anti-Social’).

‘Modder en Bloed’ is geskryf deur Sean Else en ook deur hom, Llewelynn Greeff en Henk Pretorius vervaardig. Die fliek word deur Ster Kinekor versprei.

*Kyk hier na die amptelike lokprent:

 

Exit mobile version