Heerlike aartappel- en biltongslaai

Die slaai is baie lekker as dit vir tenminste ‘n dag in die yskas gestaan het.

’n Mens wonder altyd wat om te maak vir ’n bykos saam met ’n stuk vleis, vis of hoender. Dit moet ook bietjie iets nuuts wees met ’n ander smaak.

Hierdie resep is vinning om te maak en smaak baie lekker

Jy benodig :
*6 groot aartappels
*250ml biltong (gekerf)
*2 uie fyn gekap
*15ml(1e) vars pietesielie

Vir die sous, benodig jy die volgende ;
*375ml (1/2 k) mayonnaise
*125ml (1/2k) gewone jogurt
*125ml (1/2k) kondensmelk
*2,5ml (1/2t) sout

Metode ;
Kook aartappels in soutwater tot amper sag n mes moet net deur aartappels kan steek.

Laat afkoel, trek skille af en sny in skywe.

Voeg ander bestanddele by en roer liggies.

Sous- meng bestandele en giet oor aartappels.

Net voor jy dit opdien, meng weer lekker deur en sprinkel vars pietersielie en spruituie oor of gedroogde pietersielie.

 

Jy mag ook van dié hou :

Scrumptious pistachio recipes

A healthier recipe for Banana Loaf

7 Crazy popcorn flavours you have to try

Exit mobile version