EntertainmentLifestyle

Modder en Bloed temalied en lokprent

'Modder en Bloed', die nuwe film wat op 1 April landswyd begin draai, se temalied deur Bok van Blerk, maak reeds die rondte op radiostasies.

‘MODDER en Bloed’, die nuwe film wat op 1 April landswyd begin draai, se temalied deur Bok van Blerk, maak reeds die rondte op radiostasies en die musiekvideo is ook onlangs bekendgestel.

Hierdie liedjie is maar net ’n voorsmakie van die emosiebelaaide musiek wat op die klankbaan te hoor sal wees. Die film speel af in 1901 teen die agtergrond van die Anglo-Boere Oorlog en vertel die verhaal van ’n boer, Willem Morkel, wie se vrou en enigste kind deur Britse soldate vermoor word en hoe hy dan as krygsgevangene saam met ander gevangenes ’n aanbod aanvaar wat tot die belangrikste wedstryd van hul lewens lei.

Hierdie is voorwaar een van die grootste musiekvrystellings van 2016, en as jy kyk na die lys van name wat betrokke was by die skryf en produksie van die album is dit ook geen wonder nie. Sean Else wie se naam ook op die regisseurstoel verskyn, en sy goeie vriend Johan Vorster het die A-lys van plaaslike liedjieskrywers nader gehark. Behalwe hul eie talente, kan liedjies uit die pen van Christoph Kotzé en Pierre le Roux ook gehoor word. Boonop is al die liedjies oorspronklik en spesifiek vir die klankbaan geskryf. Daarby het Quinn Lubbe se bekwame hand die musiek van die film behartig.

Bo-en-behalwe die temalied, is die ander liedjies op die klankbaan almal geïnspireer deur die storielyn en raak elke lied aan ’n ander tema en aspek van die Anglo-Boere Oorlog. Corlea se lied ‘Uit klip getap’ hanteer die krag van ’n vrou wat ook die liefde van haar lewe verloor het. Dan is daar Adam Tas se ‘O My Kind’ wat oor die verskriklike pyn en skuld gaan wat ’n man dra wat voel hy het nie genoeg gedoen om die dood van sy kind te voorkom nie. Karlien van Jaarsveld en Dewald Wasserfall se duet ‘1 000 Kerse’ gaan oor liefde wat aanhou brand al gebeur wat ookal en Gerhard Steyn se ‘Paul Roos’ handel oor die legendariese kaptein en sy eerste Springbok rugbyspan wat oorsee gaan toer het. Ghapi se ‘Blood and Glory’ raak aan die donker kant van oorlog. Niemand wen eintlik nie. So is elke lied anders, maar elkeen diep gedoop in die temas van die oorlog en hoe dit mense toe geraak het, en nog steeds doen.

Staan gereed vir ’n film en ’n klankbaan wat sy merk gaan maak en mense opnuut gaan laat besef dat mens enige uitdagings wat die lewe bied, te bowe kan kom.

Kyk na die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=mdiWImKwa0c&feature=youtu.be

Jy mag ook belangstel in:

*albertonrecord.co.za/89997/modder-en-bloed/;

*albertonrecord.co.za/93952/new-movie-will-enthrall-moviegoers/;

*albertonrecord.co.za/…/britse-aktrise-woon-premier-van-suid-afrikaanse-fliek -by/

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button