Britse aktrise woon premier van Suid-Afrikaanse fliek by

Die film spog met een van die grootste rolverdelings in ’n plaaslike film.

WÊRELDBEKENDE Britse aktrise, Charlotte Salt, gaan die Suid-Afrikaanse première van ‘Modder en Bloed’ op 10 Maart by The Zone in Rosebank bywoon.

Charlotte, internasionaal bekend vir haar film- en televisierolle, vertolk die rol van Katherine Sterndale in hierdie Suid-Afrikaanse Anglo-Boereoorlog film wat die vermaaklikheidsindustrie aan die gons het. Sy is bekend vir haar rolle in Amerikaanse televisiereekse soos ‘Entourage’, ‘CSI: Crime Investigation’ en ‘Wildfire’.

In Brittanje, het sy die aksie-vrou Sam Nicholls in die mediese reeks ‘Casualty’ vertolk en ook haar buiging gemaak in die periode-televisiereekse ‘The Musketeers’, ‘The Tudors’ en ‘Beowulf.’

In ‘Modder en Bloed’, is Katherine Sterndale die dogter van die goewerneur van St. Helena-eiland en sy simpatiseer met die Boere-gevangenes, terwyl sy haar eie demone uit die verlede in die gesig moet staar.

Katherine is ’n vrou wat stemreg teweeg wil bring deur vreedsame protes en is gekant teen die die manier waarop Kolonel Swannell die Boere behandel. Gevolglik, veg sy vir die mans se waardigheid en ook om die vuur van hoop in hul aan te wakker.

‘Modder en Bloed’ speel teen die agtergrond van die Anglo-Boereoorlog af en vertel die verhaal van ’n groep brawe Boere wat op St. Helena in die Atlantiese Oseaan aangehou word. Hier gaan hul gebuk onder die wreedheid van die Britse Imperialis Kolonel Swannell (Grant Swanby) en wanneer een van hulle eie se lewens op die spel is, gaan hulle ’n gevaarlike weddenskap aan om die belangrikste wedstryd van hul lewens te speel.

Die rolprent spog met een van die grootste rolverdelings in ’n plaaslike film en sluit Suid-Afrikaanse akteurs soos Stian Bam, Altus Theart, Edwin van der Walt, Deon Lotz, Bok van Blerk, Albert Maritz, Jacques Bessenger, Albert Pretorius en David Louw in. Britse akteurs insluitend Patrick Connolly, Josh Myers en Nick Cornwall is ook in die film te sien.

Die film is vervaardig deur Dark Matter Studios (Llewelynn Greeff en Henk Pretorius van ‘Leading Lady’) en Collective Dream Films (Sean Else en Rudy Halgryn bekend vir ‘Platteland’). Else is ook ‘Modder en Bloed’ se regisseur.

‘Modder en Bloed’ word op 1 April landswyd in teaters uitgereik en word deur Ster-Kinekor Entertainment versprei.

Lees ook:

Modder en Bloed

New movie will enthrall moviegoers

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version