EntertainmentLifestyle

Temalied vir nuwe film vrygestel

Regisseur, skrywer en vervaardiger, Sean Else, en sy musiekvennoot, Johan Vorster, het weereens kragte saamgesnoer en die temalied vir die nuwe Suid-Afrikaanse film 'Modder en Bloed' ('Blood and Glory') geskryf.

Regisseur, skrywer en vervaardiger, Sean Else, en sy musiekvennoot, Johan Vorster, het weereens kragte saamgesnoer en die temalied vir die nuwe Suid-Afrikaanse film ‘Modder en Bloed’ (‘Blood and Glory’) geskryf.

Dit is die eerste keer in vyf jaar dat Else en Vorster ’n liedjie saamskryf na hul baie treffers, insluitend ‘De La Rey’, ‘Ons vir jou Suid-Afrika’, ‘Tyd om te trek’, ‘Die Kaplyn’, ‘Pa en seun’, ’68 Chevy’, ‘Jy praat nog steeds my taal’ en ‘My kreet’.

“Die liedjie, wat ‘Modder en Bloed’ genoem word, is deur die film geïnspireer en vertel van skuldgevoelens en hoe ’n mens jouself kwalik neem as jy nie daartoe in staat is om jou familie te beskerm nie en wat jy as individu of julle as groep moet doen om uit die as te herrys…uit die modder en bloed…jy moet terugdraai na God toe en die krag vind om voort te gaan,” sê Else.

Bekende sanger en akteur, Bok van Blerk, wat ook ’n rol in die film vertolk, sing die temalied en die liedjie het die afgelope week op radiostasies landswyd begin speel.

“Die liedjie, soos die film, spreek nie slegs tot die karakters en tyd van die Anglo-Boereoorlog nie, maar is universeel en is van toepassing op enige persoon of groep mense wat die krag en deursettingsvermoë nodig het om te red wat hulle het…of dit nou besittings is of spiritueel van aard is,” sê Else.

Die film speel tydens die Anglo-Boereoorlog in Suid-Afrika af en vertel die verhaal van ’n dapper groep Boere-gevangenes wat op St. Helena-eiland in die Atlantiese oseaan aangehou word. Daar het hulle die geleentheid om teen die Britse ryk op te staan deur die belangrikste spel van hul lewens te speel.

Suid-Afrikaanse en Britse akteurs sluit onder meer Stian Bam, Altus Theart, Grant Swanby, Edwin van der Walt, Charlotte Salt, Marno van der Merwe, David Louw, Gustav Gerdener en Patrick Connolly in.

Die film is deur Dark Matter Studios en Collective Dream Films vervaardig en word landswyd op 1 April deur Ster-Kinekor Entertainment vrygestel en versprei.

Lees ook:

*albertonrecord.co.za/89997/modder-en-bloed/;

*albertonrecord.co.za/93952/new-movie-will-enthrall-moviegoers/;

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button