EntertainmentLifestyle

Len Miller se nuwe enkelsnit vrygestel

Gewilde Afrikaanse sanger Len Muller se nuwe enkelsnit 'Vir die een wat geval het', is op 22 Februarie landswyd aan radiostasies uitgereik.

Gewilde Afrikaanse sanger Len Muller se nuwe enkelsnit ‘Vir die een wat geval het’, is op 22 Februarie landswyd aan radiostasies uitgereik.

Die lied hou vir die jong sanger baie persoonlike betekenis in. “Dit is een oggend geskep nadat ek ’n verskriklike droom gehad het. Ek het gedroom dat ek op my eie begrafnis was. Die begrafnisondernemer het gepraat oor geure en dat ons elkeen ’n sekere geur agterlaat. Ek onthou ek het so vir myself gestaar wat daar in die kis gelê het en ek het gewonder wat my lewe beteken het. Dit het my laat dink aan my nalatenskap.”

“Toe ek die oggend wakker word het ek toevallig ’n skryfsessie met my goeie vriend Jattie de Beer geskeduleer. Hy het die oggend ingestap, by die klavier gaan sit en ‘Vir die een wat geval het’ se inleiding begin speel. Ons het binne twee ure saam die lied geskryf.”

Sedert Len sy debuut-album ‘Doodgewone Avontuur’ in 2015 uitgereik het, toer hierdie talentvolle jong sanger die land plat en tree hy by al wat ’n fees is op. Sy liedjies kan gereeld op radiostasies regoor Suid-Afrika gehoor word en aan entoesiasme en talent ontbreek hierdie jong sanger beslis nie.

Hy sê oor ‘Vir die een wat geval het’ se musiekvideo wat eksklusief op 5 Maart op kykNET se Jukebox program uitgereik word: “Die idee vir die konsep van die musiekvideo het ontstaan as gevolg van ’n belewenis wat ek ’n paar jaar terug gehad het. Ek was in ’n ernstige karongeluk omdat my vriend dronkbestuur het.

“Ek het gevoel ek wil die lied se sterk boodskap koppel aan iets wat ’n verskil in mense se lewens kan maak. Dit het my laat dink dat om op jou selfoon te tik en te bestuur net so sleg soos dronkbestuur is, omdat dit nie net jou eie lewe in gevaar stel nie, maar ook die van ander mense op die pad. Ek is vreeslik skuldig daaraan, maar die lied gaan oor tweede kanse en in die musiekvideo probeer ons dit ook so uitbeeld.”

Len is besig om wel ’n sterk nalatenskap in die musiekbedryf te skep en alle oë en ore is op hom terwyl hy stelselmatig sy merk as een van Suid-Afrika se gewildste jong sterre maak.

Sosiale media-skakels:

Webtuiste: www.lenmuller.co.za;

Twitter: www.twitter.com/lenniemuller;

Facebook: www.facebook.com/lenmuller1;

YouTube: www.youtube.com/lenniemuller;

Soundcloud: www.soundcloud.com/lenmuller;

Lees ook:

*albertonrecord.co.za/93746/daniel-se-hart-klop-vir-afrikaans/;

*albertonrecord.co.za/92612/saarkie-stel-nog-n-snit-vry/

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button