EntertainmentLifestyle

Die Ontwaking binnekort op die Silwerdoek

Die Ontwaking is as wenner aangewys by die 2015 Indie Karoo Film Fees en is die debuut vollengte film van regisseur Johnny Breedt. Die film is gebaseer op die eerste boek van ’n trilogie deur die bekroonde skrywer, Chris Karsten.

ALBERTON- Die Ontwaking, ’n samewerking tussen The Showroom Theatre, Advantage Entertainment en Enigma Pictures, het die beste filmtoekenning by die 2015 Indie Karoo Film Fees losgeslaan.

Dit is die debuut vollengte film van Johnny Breedt, regisseur van Paljas, Hotel Rwanda en A Long Walk to Freedom, en Die Ontwaking hoop om die grense vir plaaslike films te verbreed. Die film is gebaseer op die eerste boek van ’n trilogie deur die bekroonde skrywer, Chris Karsten.

Hierdie grusame en aksiebelaaide misdaad-riller verken die psige en motiverings van ’n reeksmoordenaar, Abel Lotz, gespeel deur Gys de Villiers, die eienaar van ’n klein galery wat spesialiseer in Afrika-maskers en kuns. Abel is ook die kurator van ’n versameling van tattoeërmerke wat hy van pragtige vroulike slagoffers kry as deel van sy kosmiese joernaal.

Ella Nesser vertolk deur Juanita de Villiers is die aantreklike, maar onervare moord speurder in beheer van die saak. Haar taak is om die reeksmoordenaar op te spoor voordat nog ’n jong vrou vermoor word. Sy is in ’n vaste verhouding met Bam (Armand Aucamp) en terwyl sy probeer om haarself te bewys aan haar meer senior kollegas, Fred Lange (Gerard Rudolf) en Silas Sauls (Paul Eilers), hanteer sy ook haar eie uitdagings.

Abel is slim en vasbeslote om sy joernaal te voltooi. Vir sy opkomende vyftigste verjaarsdag het Abel ’n spesiale geskenk vir homself in gedagte…’n nuwe gesig van ’n pragtige jong vrou, miskien dalk dié van ’n vroulike speurder…

Die film smokkel definitief met jou kop en laat jou wonder wat nou eintlik in ’n psigotiese reeksmoordenaar se brein aangaan.

“’n Paar jaar gelede het ek besluit om ’n Afrikaanse film te maak en ek het ek by ’n boekwinkel ingeloop, opsoek na inspirasie. Daar het ek Abel se Ontwaking, wat deur Chris Karsten geskryf is, ontdek. Ek het die boek op ’n vlug na die VSA gelees, en kon dit eenvoudig nie neersit nie. Chris het die bekroonde boek as die eerste deel van ’n trilogie geskryf en ek het werklik geglo dat dit ’n fantastiese film sou maak. Die genre is baie donkerder as wat ek gedink het my eerste film sou wees, maar dit is ook wat my na die projek aangetrek het. Ek wou myself as ’n skrywer en ’n regisseur uitdaag en dit was die perfekte projek om dit te doen. Ek wou die gehoor saam met my na plekke vat wat mense ongemaklik maak,” verduidelik Johnny.

Die Ontwaking is in die Kaap verfilm en open op 26 Februarie, 2016, in geselekteerde teaters landwyd.

Vir ’n voorsmakie van die film gaan loer gerus na Facebook: https://www.facebook.com/DieOntwaking, Twitter: https://twitter.com/DieOntwaking en Instagram: https://instagram.com/dieontwaking/

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button