ALBERTON- Cantare Kinderkoor het ’n goue toekenning en algeheel tweede plek in die kinderkoorafdeling behaal tydens die landswye finaal van die ATKV Animato-koorkompetisie.
Dié finaal is op Sondag, 4 Oktober, by die Brooklyn Teater in Pretoria gehou.
Beoordelaars reis sedert Augustus vanjaar regoor Suid-Afrika en Namibië opsoek na die beste kinder-, jeug-, universiteits- en gemeenskapskore. Die Cantare Kinderkoor het ook in die uitdun rondtes ’n goue toekenning ontvang.
Lees gerus: Cantare maak gereed vir hulle 20ste verjaarsdag!
You can read the full story on our App. Download it here.