Meer as net die ekstra myl

Deona Bernard kan GM Alberante aanbeveel vir hulle goeie diens.

ALBERTON- My week was nie ’n goeie week wat kliëntediens aanbetref nie. Eers was ek in ’n bank waar slegs drie van die vyf tellers werk tussen 12:00 en 14:00. Later het die takbestuurder my gebel en om verskoning gevra.

Daarna was ek by ’n klerewinkel waar daar niemand by die betaalpunt is nie en wanneer jy vra om hulp, trek hul net hul skouers op.

Gelukkig gebeur die volgende toe:

Earl Austin en sy span van GM Alberante weet nie net hoe om die ekstra myl te loop nie, maar doen ook veel meer as dit. Die hele span is vriendelik, behulpsaam en kyk na hul kliënte.

Jy is nie net ’n nommer by GM Alberante nie, maar deel van die familie. Die rooi tapyt word uitgerol selfs jare na jy jou motor by hulle gekoop het.

Baie dankie Earl en Graham vir dit wat julle vir ons doen. Julle weet beslis wat kliëntediens behels. Vir die van julle wat beplan om ’n nuwe motor te koop, besoek gerus GM Alberante.

Deona Bernard

Exit mobile version