Stellenbosch at Summer Place is terug

Stellenbosch at Summer Place 2015 op 25 November.

GAUTENG sal die allerbeste van Stellenbosch se fynproewerstyl ervaar, wanneer Stellenbosch at Summer Place 2015, ’n swierige skouspel van wyn, kos, musiek en kuns eie aan die Eikestad, glans aan die Goustad verleen op Woensdag, 25 November.

Stellenbosch at Summer Place, wat jaarliks deur Sanlam Privaat Welvaart aangebied word, is in ’n klas van sy eie en een van Jozi se mees gesogte sosiale gebeurtenisse. Vanjaar se gepoetste program beloof om die fynere dinge in die lewe met smáák en weelde te vier.

Gesogte wynmakers en fyngesnaarde landgoed eienaars gaan hul innemende wynland-ervaring met Johannesburg deel terwyl meer as 80 top wyne gepaar word met perfeksie deur vyf formidabele Stellenbosch sjefs wat in aksie te siene sal wees en innoverende disse vir die onderskeie variëteite, gaan op dis. Hierdie unieke kos-en-wyn samespel is nie een waar jy jou plek inneem by ’n tafel nie, maar eerder een waar jy dwarsdeur die aand die kos en wyn volgens jou eie pas en voorkeur geniet, soos jy van die een stylvolle area na die volgende beweeg. Daar sal ook ’n sjiek brandewyn ontspanningsarea wees, waar ’n voortreflike keurspel van spog kase en dekadente soetighede op gaste wag, terwyl hulle tussen al die geproe bietjie asem skep en ontspan.

Kaartjies vir Stellenbosch at Summer Place 2015 beloop R500 per persoon en sluit al die wyn, kos en vermaak op die aand in. Die deure open om 18:30. Vir meer inligting of besprekings skakel Elmarie Rabe by 021 886 8275 of bespreek aanlyn by www.wineroute.co.za

Exit mobile version