Kry jou kaartjies vir Klipkoppiefees vandag

Die Klipkoppiefees is om die draai en vanjaar beloof dit om die fees der feeste te wees.

ALBERTON – Vir besoekers wag daar ‘n sterbelaaide program, met bekende kunstenaars.

Dan is daar die braaikompetisie en verskeie ander buitelug aktiwiteite vir oud en jonk, ‘n snuffelmark waar die meerderheid stalletjies handgemaakte items verkoop, buiteluguitstallers, die verskillende 4×4 roetes, ‘n pretloop – noem dit, dit is daar.

VIER BY VIER ROETES: Indien jy die opwinding van 4×4 roetes geniet, dan mag jy nie vanjaar se Klipkoppiefees misloop nie. Of jy dit saam met jou gesin wil geniet of vir iets meer gewaagd kans sien – daar is verskeie roetes om van te kies.

Gaskunstenaars sal as volg optree:

* Vrydag: Lizelle Smit, Zane, Karen Ferreira, Wicus van der Merwe, Snotkop, Elvis Blue, en daarna word daar tot laatnag gekuier saam met Henk Grimsell.

* Saterdag: Waldo Lotz, Nic Stevens, Jennifer Zamudio, Elvis se Seun, Jak de Priester, Wicus van der Merwe, Christo en Cobus, Nadine, Kurt Darren en Emo Adams & Band.

* Sondag: Willie Joubert, Dewald Gous, Adam, Broers en Riana Nel.

Met al hierdie aktiwiteite gaan die honger en dors beslis groot wees en ‘n groot verskeidenheid kosstalletjies beloof om iets vir elkeen se smaak te bied.

By die Watergat kan jy jou dors gaan les. So maak nou al jou dagboek skoon vir ‘n feesnaweek van Vrydag, 29 Mei, tot Sondag, 31 Mei.

IETS VIR ALMAL: Jonk en oud sal die besoek van Snotkop geniet – beslis die regte medisyne om daai voete te will laat skoffel.

Kaartjies is reeds by Computicket beskikbaar, teen R100 vir dieVrydag, R150 vir die Saterdag, R50 vir Sondag en R200 vir ‘n naweekkaartjie. Kinders onder 12 jaar se toegang is gratis.

Vir meer inligting, besoek die Klipkoppiefees Facebookblad, of hul webwerf by www.klipkoppiefees.co.za, en hou hierdie spasie dop vir tye en meer besonderhede.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version