CompetitionsLifestyle

WEN ‘n CD pakkie

Staan ‘n kans om een van twee CD pakkies van Pieter Koen, PJ Cruz en Jorine Rich te wen.

SAMA Nominasie vir talentvolle Pieter Koen!

pieter_koen_-_final

Die sanger, Pieter Koen, se album, Wat Die Hart Van Vol is, is pas vir ‘n SAMA 2015 benoem!  Koen se album is gedurende 2014 vrygestel deur Hit Factory Records en gaan steeds van krag tot krag!  ‘n Nuwe enkelsnit, getiteld, So hard geval, word ook eersdaags aan radiostasies landswyd uitgereik.

Oor sy SAMA nominasie sê Pieter: “Behalwe dat ek kinderlik opgewonde is, voel ek nederig bevoorreg om genomineer te wees vir die 2015 SAMA’s.  Hetsy ek daardie mooi beeldjie kry of nie, die nominasie voel soos Kersfees in Maart!”

Wat Die Hart Van Vol Is bied nie alleen goeie dansmusiek nie (Tydmasjien, Doenit Net, Die Een Ding Wat Ek Doen en Waar Lê Jy Vanaand), maar ook ’n dieper, weldeurdagte betekenis en gevoeligheid in snitte wat onmiskenbaar die werk is van ’n volwasse musikant en verhoogkunstenaar. “Toe ek saam met welbekende vervaardiger, Murray Lubbe, en bekroonde liedjieskrywer, Johan Oberholzer, begin werk aan hierdie album was daar ’n fundamentele kopskuif wat ek wou hê vir my nuwe album,” verduidelik hy.  Die ander liedjieskrywers sluit Ampie du Preez, Vaughan Gardiner, Hugo Ludik en Reynardt Hugo in. Musikante Juan (Floors) Oosthuizen, Danny Smoke, Denny Lalouette, Vinnie Henrico, Ricus Nel en Matthys Maree het deel aan die produksie.

Ek is ongelooflik dankbaar vir elke oomblik tot nou toe wanneer die skeppingsproses my plat op die aarde gehou het,” erken Pieter. “Wat Die Hart Van Vol Is is ’n perfekte weerkaatsig van waar ek nou is,” sluit hy af. Hy laat niks aan die noodlot oor nie – elke aspek van wat hom suksesvol maak is deeglik oorweeg en geskaaf, en in wese deel van ’n veelsydige, volledige vermaaklikheidspakket. Die eindresultaat is suiwer genot van begin tot einde!

Pieter Koen is ook ‘n veldaanbieder vir Kwêla en aanbieder van Jukebox op kykNET 144 en kykNET Musiek 146 elke Saterdagaand.

Die 21ste SAMA benoemingsgeleentheid vind plaas in April 2015.

Sosiale media:

Twitter:  @Pieter_Koen

Facebook:  https://www.facebook.com/skudjoubiscuit?ref=br_tf

PJ CRUZ maak nasionale debuut met – TE GOED OM WAAR TE WEES

PJ Cruz_Te Goed Om Waar Te Wees_CD Cover

The Hit Factory Records is verantwoordelik vir vele Afrikaanse #1 Albums en stel met trots bekend:  PJ Cruz – TE GOED OM WAAR TE WEES.  Hierdie is Cruz se nasionale debuut-album en dwing beslis respek af.  Die musiek spreek tot ‘n inklusiewe Afrikaanse gehoor en met sy rasperstem, alombekendheid op die platteland en sy aantreklike Afrikaner-man voorkoms wag daar beslis ‘n blink toekoms vir PJ in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

PJ het vir hierdie album sy lyf skrywer gehou maar ook befaamde skrywers soos Christoph Kotze, Ampie du Preez en Johan Oberholzer ingespan.  Onder leiding van vervaardiger, Murray Lubbe, kom hier ‘n unieke debuut wat ‘n heerlike eksklusiewe klank meebring en beslis tot die Afrikaanse publiek gaan spreek.  Dít het hy reeds bewys tydens sy onlangse optredes in London en Suid-Afrika as deel van LondonGoesSA en SAGoesLondon waar hy die verhoog met talle van ons land se grootste sterre gedeel het.

PJ is die enigste seun van drie kinders en is op 5 Januarie 1977 in Bethal gebore. Hy het skoolgegaan by Laerskool Kallie de Haas en Hoërskole Wagpos Brits en Hoëveld Morgenzon en grootgeword in ‘n musikale familie wat hom deurentyd blootgestel het aan ‘n verskeidenheid musiekstyle.  Hierdie blootstelling het bygedrae tot die eie unieke styl wat hy vandag het.

Op skool het hy op provinsiale vlak in sport uitgeblink en sy liefde vir musiek moes eers opsy geskuif word, maar op die ouderdom van 25, na ‘n jaar in London, besluit hy om homself te leer kitaar speel, ‘n besluit waaroor hy nog nie vir ‘n oomblik spyt was nie. Hy het sy eerste liedjie geskryf en weereens besef dat musiek sy groot passie is! So het sy solo loopbaan afgeskop en kort voor lank het hy talle getroue aanhangers gehad.

1 000 optredes later en met meer as ‘n 100 liedjies uit sy pen, is PJ ‘n gevestigde kunstenaar en liedjieskrywer wie se populariteit bly toeneem. Hy het ook in 2010 die top 10 behaal in Huisgenoot Tempo se liedjieskryf kompetisie.  Hoogtepunte tot op datum sluit in optredes by Innibos Neslpruit, LondonGoesSA by die Apollo Teater Hammersmith London en SAGoesLondon by Carnival City.

Facebook:   https://www.facebook.com/pages/PJ-Cruz/311146675633463

Twitter:  @pjcruzlive

Verspreiding:   Coleske Artists

JORINE RICH – BOERSEUN

jorine_boereseun_profileimage

Die twintigjarige Jorine Rich is in Mei 1995 in Pretoria gebore.  Op die ouderdom van agt jaar oud, het haar gesin na Botswana verhuis.  Sy was bevoorreg om vir twee jaar lank tuisonderrig te ontvang en sodoende Botswana saam met haar pa verken. Op die ouderdom van tien jaar is Jorine terug skool toe. Sy het haar hoërskool opleiding voltooi aan die Hoërskool Ellisras in Limpopo waar sy ook Hoofmeisie van die koshuis was.  “Ek het grootgeword tussen Khaki hemde, Cruisers en John Deer Trekkers” skerts Jorine.

Sy het vokale, optrede en liedjieskryf opleiding ontvang by Studio Cha en sing al vandat sy kan onthou.  Maar, dit is eers vanaf die ouderdom van sestien wat haar sang in die rigting van ‘n loopbaan begin beweeg het toe sy by verskeie geleenthede die verhoog met groot kunstenaars soos Jakkie Louw, Mathys Roets, Gerhard Steyn, Willem Botha en vele ander bekendes begin deel het.

’n Paar jaar later kruis haar paaie met dié van Heinz Winckler en onder sy ongelooflike leiding voltooi sy gedurende 2014 haar pop rock debuut album, Boerseun, by Studio Cha in Pretoria.   Boerseun word gedurende April 2015 by die Absa KKNK in Oudtshoorn bekendgestel, waartydens Jorine heelwat optredes sal doen.  Haar doelwit met die album was om in Afrikaanse pop rock the vertel wie sy is en waar sy vandaan kom.

Sosiale platforms:

Facebook:  https://www.facebook.com/JorineRichArtist

Twitter: @jorinerich

SO SKRYF JY IN:

SMS jou naam gevolg deur ‘CDHAMPER’ na 36396 @ R 1.50 per SMS voor 31 Mei om ‘n kans te staan om een van die pakkies te wen.

*As jy wen sal jy jou pakkie by ons Alberton kantore self moet gaan optel. Alterntief kan jy iemand stuur om dit namens jou op te tel. Geen pakkies sal gepos word nie.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button