EntertainmentLifestyle

Dit is weer kermistyd by Alberton Aftree-Oord

Dit is weer tyd vir die groot fees by die Alberton Aftree-Oord, en die bal is aan die rol vir hul kermis op Saterdag 6 Junie van 09:00 af.

ALBERTON – Dieselfde gebak, soos by Pannekoekden, naamlik pannekoeke, vetkoeke, kerrie en rys, jaffels, prego-rolle, boereworsrolle, hoenderrolle, tuisnywerheidtafel en koektafel, heerlike poedings en ribrolle gaan aangebied word.

Dan is daar natuurlik koeldranke, tombola en spookasem, en die oord vra die publiek se ondersteuning aangesien dit ‘n fondsinsamelingsprojek is. Kom kuier en eet saam. Tafels en stoele sal beskikbaar wees vir die gemak van besoekers. ‘n Kontantkroeg is ook beskikbaar.

Tafels is beskikbaar vir uitstallers van buite teen ‘n nominale fooi.

Vir enige verdere navrae skakel die kantoor 011 907 8641 tydens kantoorure (09:00 tot 13:00) en gesels met Cathy of Renie. Die oord is geleë in Kritzingerweg 45, Florentia.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button