EntertainmentLifestyle

Jeugmusiekfees

Alberton Mannekoor is omtrent aan die gang en besig met aangename dinge vir die Alberton inwoners.

ALBERTON – Op 22 Mei bied die koor ‘n Jeugmusiektalentfees saam met Cantare Kinderkoor, Zergio Zampoli (akkordeon), André Breet (klavier) Inge Kühn (sang), Lizzie Wells (blokfluit), Natasha Nepgen (sang), Leeza Mol (klokkies), Zandi Viljoen (viool), Jodie Mol (klavier), Kyra Mol (blokfluit), Manus Kleynhans (sang) en Neo Matsatse (viool).

Die fees word in die Alberton Burgersentrum aangebied om 19:00. Kaartjes is beskikbaar teen R100 per persoon. Daar sal tydens die uitvoering se pouse ook verversings beskikbaar wees.

Bespreek nou jou kaartjie by 083 232 0359. ‘n Gedeelte van die opbrengs is ten bate van CMR Alberton.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button