WEN: CD en DVD pakkies

Staan 'n kans om een van drie CD en DVD pakkies van Sharoney, Leading Lady en Saarkie te wen.

Die pakkies werk as volg:

1 pakkie van: Leading lady DVD, Saarkie CD en Sharnoney CD

1 pakkie van : Leading lady DVD, Saarkie CD

1 pakkie van Saarkie CD en Sharnoney CD

SHARONEY – In ons fairytale

“If you can dream it, you can do it!” – Walt Disney

Gedurende 2014 is Sharoney aan die Suid-Afrikaanse publiek bekendgestel met die uitreiking van haar heel eerste enkelsnit Een Keer, geskryf deur Hugo Ludik en Reynardt Hugo van die gewilde groep ADAM.  Sommer baie vinnig het hierdie liedjie die trefferparades van radiostasies regoor Suid-Afrika gehaal en vir ’n lang tyd net daar gebly!  Die musiekvideo van hierdie liedjie kan ook gereeld op kykNET, SABC 2 en ASTV gesien word.

Die tyd het egter nou aangebreek om Sharoney se debuut album IN ONS FAIRYTALE uit te reik en die opgewondenheid loop hoog!  Saam met die uitreiking van haar album kom ook die amptelike uitreiking van haar tweede enkelsnit, PRINSES, weereens uit die penne van Hugo Ludik en Reynardt Hugo.

Die meesterbrein agter hierdie uitreiking is Hugo Ludik – Muse Productions www.museproductions.co.za (stigterslid van die uiters populêre groep ADAM).  Hugo het Sharoney se talent raakgesien toe sy vir die groep ADAM ‘n voorvertoning gedoen het en ook vir Alishia van Deventer van Starburst Promosies, wat die publisiteit vir kunstenaars soos ADAM, Mwah!, Joshua na die Reën, Elvis se Seun en vele ander behartig, nader getrek.  www,starburstmusic.co.za  Die vrug van daardie aand is ’n album wat spesiaal vir Sharoney geskryf is en nou in Oktober 2014 deur Luisternet Musiek uitgereik word en deur Next Music versprei word.

Sharoney is 19 jaar oud, vol lewenslus en het in 2013 gematrikuleer aan die Hoërskool Hugenote in Springs, waar sy ook grootgeword het.    Haar droom is om in 2015 regte te gaan studeer.  Sommer met die intrapslag besef ’n mens dat Sharoney ’n alles of niks mens is en dat sy nie daarin glo om kortpaaie te neem nie.  Vir hierdie talentvolle sangeres is ‘n droom besig om bewaarheid te word.

Sharoney het sangles begin neem toe sy agt jaar oud was.  Gedurende 2010 is sy verkies as lid van die span wat Suid-Afrika in Los Angeles sou verteenwoordig en in 2011 neem sy deel aan Beyond 2000 se Suid-Afrikaanse Nasionale kampioenskappe vir die uitvoerende kunste se sang afdeling.  Tydens haar deelname gedurende 2012 aan die South African Talent Championships (SATCH), waartydens sy baie positiewe terugvoer ontvang het, het sy finaal besef dat sang haar eerste liefde is.  Sy is ook lid van die Performer Corner en was ook deur die regiseur At Strydom genader om ‘n rol in sy produksie WASEM te speel.  ‘n Meisie van vele talente!

Haar familie is vir haar utiers belangrik.  Hulle is ‘n baie hegte gesin en kuier gereeld saam.  Sy is baie lief vir sport en het op vele geleenthede vir haar skool se hokkie span uitgedraf en is ook ‘n passievolle rugby en biltong geesdriftige, hou daarvan om kaalvoet te loop, te dans, te kuier en te lag!. Sharoney is ‘n gewone meisie wat hou van gewone dinge.  Sy is lief vir haar land, taal, volk en mense en sy is gelukkig, hier en nou.  Sy raak wel ongelukkig wanneer die mensdom nie respek vir die skepping toon nie.

Sy kyk op na haar pa.  Hy is haar mentor.  Hy het haar geleer van hard werk en uithou al is dit hoe moeilik.

Hierdie meisie van Springs staan met haar voete plat op die aarde.  Sy is beslis oppad om in Suid-Afrika se harte in te kruip met haar pragtige glimlag, ennergieke uitkyk op die lewe en mooiste stem!

Sharoney het ook al intussen gesig gewys op IMPAK Tv Kruiskyk en SABC3 PlayNetwork en kan eersdaags gesien word op Be Your Dream kykNET 146. Thswane TV Kwaai Musiek, JAM Nuweling (2 November) en Jukebox op 13 Desember 2014.

Die album:

  1. Een Keer
  2. Prinses
  3. Wees my held
  4. As die show verby is
  5. Hemel op aarde
  6. Jy doen dit vir my
  7. Jy is die een (duet met Christoff de Beer)
  8. Jy breek my
  9. Hier kom iets groots
  10. Magneties
  11. Wat my hart van vol is
  12. Fairytale
  13. Jy doen dit vir my (Remix deur Byron Keno)

Facebook:   https://www.facebook.com/www.sharoney.co.za

Twitter:  @Sharoneymedia

LEADING LADY:

Leading Lady vertel die verhaal van ’n jong opkomende Britse aktrise, Jodi Rutherford, wat Kobus Willemse, ’n Suid-Afrikaanse boer van Brandfort, oorreed om haar te help om voor te berei vir die uitdagende rol as ’n Afrikaanse oorlogsheldin in ’n Hollywoodse rolprent. In ruil daarvoor kry sy die geleentheid om die jaarlikse konsert op Willemse se plaas te reël en die regie te behartig.

https://www.facebook.com/filmleadinglady/

SAARKIE:

Saarkie soos op ons groot wye ope net: SAARKIE – the only ‘All-Girl-Rock’ band in South Africa who is responsible for every aspect of their music and its performance. With their unique style and vibe when it comes to Alternative Pop Rock – their music is a combination of talent and passionate energy which convinces with flair, synergy and skill.

SAARKIE released their debut album ‘Luister’ in 2009. The album consisted of 12 original tracks, of which 3 were English. With this album and its impressiveness together with performances in both Afrikaans and English, the SAARKIE name was branded into the memories and hearts of South African audiences and music critics alike. SAARKIE also filmed their first music video for the single ‘Sneeu in Afrika’ from the album, which was released on high rotation on DSTV’s channel, MK.

In March 2011 SAARKIE released their second album, ‘Identiteit’. The album is produced by Sean Manley and Zanda Traut and was recorded at Manley Studios in Pretoria where some of SA’s most renowned artists have recorded before.

SAARKIE’s musical growth since the release of their debut album, Luister, in 2009 is evident in the fact that all of SAARKIE’s members are now graduate musicians with the result that they have improved in mastering their instruments to write better quality songs. With IDENTITEIT they bring a unique combination of songs and instruments to the South African music industry which will definitely leave a lasting impression in the world of rock.

https://www.facebook.com/saarkieband

SO SKRYF JY IN:

SMS jou naam gevolg deur ‘CDDVD’ na 36396 @ R 1.50 per SMS voor 6 Maart om ‘n kans te staan om een van die pakkies te wen.

*As jy wen sal jy jou pakkie by ons Alberton kantore self moet gaan optel. Alterntief kan jy iemand stuur om dit namens jou op te tel. Geen pakkies sal gepos word nie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version