Bespreek vinnig vir Steve

Met net ‘n paar weke oor voor Steve Hofmeyr se Toeka 3 konsert by Carnival City se Big Top Arena, word aanhangers aangemoedig om spoedig kaartjies te bespreek voor alles uitverkoop.

ALBERTON – “Ons verwag ‘n vol gehoor vir hierdie langverwagte optrede deur een van Suid Afrika se gewildste kunstenaars. Hy het ‘n uitsonderlike vermoë om met sy aanhangers op ‘n emosionele en patriotiese vlak te kommunikeer, en dit is die rede hoekom aanhangers sy optredes bywoon. Met kaartjieverkope wat slegs ‘n paar weke gelede geopen het, is meer as 1 000 sitplekke al opgeraap! Daar is nog kaartjies oor en ons moedig aanhangers aan om hul kaartjies so spoedig moontlik te bespreek om teleurstelling te voorkom,” sê Mireshnee Kisten, skakelbeampte en Promosiebestuurder van Carnival City.

Steve het al verskeie toekennings ontvang deur sy loopbaan, van albums met multi-platinum verkope en boeke, tot suksesvolle TV-reekse, geselsprogramme en uitverkoopte konserte regoor die wêreld. Buiten ‘n ongelooflike reeks van meer as 200 oorspronklike (aangetekende) liedjies, was Hofmeyr nog altyd in staat om gehaltewerk te lewer.

“Ek het van my vrymoedigheid verloor deur te ekspirimenteer,” erken die gewilde sanger. “Maar ek doen ekstra moeite met liriese inhoud en soliede optredes. Dit is nie iets wat ek doen nie. Dit is wie ek is.”

Te danke aan jare se ondervinding in die musiek en vermaaklikheidswêreld is Hofmeyr se stem groter en beter as vanvore. “Ek reik letterlike hoër, en laer,” sê hy oor sy vokale omvang. “Ek het begin as ‘n lui ou wat in ‘n kroeg gesing het, maar het geleer hoe om tegnies te verbeter.”

Sy derde Toeka huldeblyk is onlangs uitgereik en dit is die liedjies op hierdie album wat hy na die verhoog toe bring in die Big Top Arena by Carnival City op Saterdag, 6 Desember.

Kaartjies na Hofmeyr se Toeka 3 konsert by Carnival City kos R130 en is beskikbaar by Computicket.

Exit mobile version