EntertainmentLifestyle

Elvis Blue vra sy aanhangers om te onthou

Blue nooi sy aanhangers uit om foto's van hul jong dae aan hom te stuur

GAUTENG – Onthou  jy die dae toe jy nog fiets gery en met maats gespeel het tot skemer? Onthou jy jou skooldae of spesiale oomblikke met familie uit jou jong dae? Elvis Blue wil graag hê sy aanhangers moet hul herhinneringe met hom deel.

Elvis Blue het sedert sy eerste album, Elvis Blue, ontpop as ‘n veelsydige sanger en liedjieskrywer en het in ‘n japtrap ‘n huishoudelike naam geword. Blue het nog altyd ‘n spesiale verhouding met sy Afrikaanse aanhangers gehad, en met die uitreiking van sy album, Afrikaans, is hierdie verhouding net versterk.

Elvis is die eerste Afrikaanse sanger wat daarin kon slaag om op die Top Tien in die iTunes Stores te pryk – en hierdie groot eer het hom te beurt geval op dieselfde dag wat sy album Afrikaans uitgereik is.

In November 2013, ’n skrale twee maande nadat Afrikaans uitgereik is, het die album goue status bereik. Dié album verkoop steeds soos soetkoek en enkelsnitte soos Rede om te glo en Spore is op hoë rotasie op radiokanale regoor Suid-Afrika.

Vir Blue se nuutste enkelsnit Toe ons jonk was, wil hy graag sy aanhangers deelmaak van sy herhinneringe. Blue nooi sy aanhangers uit om foto’s van hul jong dae aan hom te stuur – dit kan enige foto wees uit aanhangers se verlede – foto’s van hulself as kinders, snaakse foto’s, familiefoto’s…enige foto wat positiewe herinneringe oproep uit aanghangers se verlede – toe hulle jonk was.

Die mooiste of oulikste foto’s sal deur Blue self uitgesoek word om ingesluit te word op sy Facebookblad. “Ek voel altyd geweldig opgewonde as ek my aanhangers direk kan insluit by projekte waaraan ek werk. Hierdie is ‘n fantastiese geleentheid om nouer met hulle betrokke te raak, en ek wéét die eindresultaat gaan ongelooflik wees!,” sê Blue.

Blue se Facebook-aanhangers sal dan gevra word om vir hul gunstelingfoto’s te stem. Die drie foto’s met die meeste stemme sal elk ‘n eksklusiewe Elvis Blue geskenkpak wen.

Aanhangers wat graag by hierdie opwindende projek betrokke wil raak, word genooi om hul foto’s te stuur aan jonk@theprcollective.net

Aanhangers kan ook sommer foto’s direk op hul sosiale media platforms laai en dan vir Elvis “tag” op Facebook (Elvis.Blue) of hom twiet (@elvisblue). Gebruik asseblief die #Toeonsjonkwas-hutsteken.

Aanhangers kan laat waai met hul foto’s van 27 Augustus af. Die topfoto’s en geskenkpakwenners sal aangewys word teen 10 September.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button