Alberton HistoryFeaturesLifestyle

Alberton se oudste rugbyspeler

VETERAAN OP DIE VELD: Willem Botha het onlangs 91 jaar oud geword en bly al van die ouderdom van 17 in Alberton.

WILLEM Botha is bekend vir die 29 jaar wat hy rugby gespeel het vir Alberton se rugbyklub.

Willem het in Wolmeransstad groot geword en al op die ouderdom van sewe begin rugby speel. Hy het op die ouderdom van 17 Alberton toe getrek en op die ouderdom van 46 sy rugbytokse opgehang.

Hy het begin klub rugby speel in Alberton saam met sy ooms toe hy as jong man hier kom woon het.

Willem vertel hoe hulle as rugbyspan by die New Market hotel gaan kuier het na wedstryde, en hoe hulle deelgeneem het aan volkspele in Alberton se stadsaal.

Hy het op ‘n latere stadium saam met van sy vorige spanlede se seuns ook gespeel.

Willem, nou bekend as die oudste Alberton rugbyspeler, was lid van die 1962 span. Hierdie span se rekord is steeds vandag die beste in die klub se geskiedenis.

Hy vertel hoe Alberton gegroei en verander het deur die jare. Hoe ons dorp ‘n stad geword het en waar daar op ‘n tyd net oop velde was nou geboue en huise staan. Toe Willem gevra is of hy uit Alberton sal trek, het hy vertel hoe Alberton sy tuiste is en hy hier sal bly tot hy doodgaan.

Willem vertel dat hy nou op sy oudag gereeld gaan stap, alhoewel sy ou rugby beserings soms teen hom werk. Verder geniet hy dit om te lees en hy dink nie daar’s ‘n “cowboy” boek oor in die biblioteek wat hy nog nie gelees het nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button