Joshua na die reën

Joshua na die reën vind aanklank by Albertonners tydens hul optrede in Brackenhurst.

BRACKENHURST – Ghoema-toekenningwenner en sangsensasie Joshua na die reën het die gemeenskap van Alberton betower met hul sang en musiek. Die geleentheid was die groep se optrede by die NG Kerk Brackenhurst.

Die groep, bestaande uit voorsanger Jacques de Villiers, oorspronklik van die Suide, en nog vyf manslede en een vrou, het die waarderende gehoor vermaak met eie aangrypende komposisies oor die natuur, kinderjare en hoop, asook vertellings van lewenservarings en die doel van die lewe en lewenslesse.

Die eerste deel van die heuglike aand het bestaan uit Joshua na die reën saam met die Cantare kinderkoor. Die tweede deel het aanvanklik gekonsentreer op hoofsanger Jacques de Villiers se eie komposisies, en later gevoelvolle jazz-klanke. So het dit duidelik geword waarom die groep slegs agt maande na hul stigting twee Ghoemas kon inpalm. Voorwaar ‘n aand wat lank onthou sal word.

Exit mobile version