EntertainmentLifestyle

My boetie se sussie se ou

My boetie se sussie se ou word opgevoer by Emperors Palace.

DIE verhoogstuk, My boetie se sussie se ou, word eerdaags in die nuwe Marcellus Teater opgevoer.

Die vertaalde stuk speel af in London, waar twee gesinne woon. John Smith is ‘n taxibestuurder met twee vroue. En agtien jaar later moet hy die twee gesinne, van twee verskillende dele in London, uitmekaar hou. Albei gesinne is onbewus van die mekaar, en wanneer sy twee tieners, ‘n seun en dogter, by mekaar uitkom, spat die vonke.

My boetie se sussie se ou is Pierre van Pletzen se Afrikaanse vertaling van Ray Cooney se Caught in the Net, en onder die regie van Suid-Afrika se eie klugkoning, Frans Swart.

Frans Swart van Lefra het weer daarin geslaag om ‘n uitstekende Afrikaanse klugspel op die planke te bring en Afrikaans nie net onder die akteurs lewendig te hou nie, maar ook onder die Afrikaanse en Engelse gehore in Suid-Afrika.

Die produksie besoek vanjaar teaters en feeste regoor Suid-Afrika, en maak selfs ‘n draai in Namibië. Die toerprogram lyk so:

Mei 13 tot Junie 1- Marcellus Teater, Emperors Palace, Kempton Park

Julie 2 tot 5 – Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees, Nelspruit

Julie 7 tot 13 – Sand du Plessis Teater, Bloemfontein

September 2 tot 12 – Arena, Die Staatsteater, Pretoria

September 14 tot 20- Nasionale Teater, Windhoek, Namibië

Desember 18 tot 20 – ATKV Walvissaal, Hartenbos, Mosselbaai

My Boetie se Sussie se Ou word aangebied by Emperors Palace se nuwe Marcellus Teater van Mei 13 tot Junie 1. Bespreek by Computicket 0861 915 8000 of www.computicket.com of besoek www.myboetie.co.za

Groepe meer as 10 kry lekker afslag, skakel Monica 011 815 3000. As jy fondse wil insamel met My boetie se sussie se ou, skakel gerus vir Charl by 011 815 3000 of epos aan admin@lefra.com

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button