Tobie Cronje tree vir MES op

In die maand vorentoe tree Tobie Cronje in ‘n eenmanstuk op, Ballade vir ‘n Banggat, en almal is welkom!

‘n Groot klomp pret is oppad Alberton toe! ‘n Produksie wat elkeen gaan laat skater van die lag en ‘n lekker aand verseker… en dan is dit nog vir ‘n goeie doel ook!

MES, ‘n welsynsinstansie gefokus op die behoeftes van die stad, het ‘n Kairos Teater-inisiatief geloots waar hulle kunstenaars van ons land nader om op te tree by ‘n geleentheid, waarvan die winste vir verskeie projekte in die stad sal gaan.

MES doen werk in die Johannesburgse omgewing area onder verskeie groepe mense om hulle ‘n beter lewensgehalte te gee. MES vat hande met Doxa Deo Meyersdal en fondse wat gegenereer word, sal ook projekte van Doxa Deo bevoordeel, waar hulle verskeie projekte het om individue positief te beïnvloed. Dit sluit in werk onder die jong generasie in die stad en seniors, hulp aan minder bevoorregtes, hulp aan gemeenskappe in Eden Park en vele ander.

In die maand wat voorlê, tree Tobie Cronje in ‘n uitstekende verhoogstuk op, Ballade vir ‘n Banggat, en almal is welkom! Dit vind plaas by Doxa Deo Meyersdal se ouditorium en beloof om ‘n genotvolle aand te wees.

Individue wat al van Tobie se produksies gesien het, sal saamstem oor die talent en vermaak wat uit die boonste rakke is!

Vir meer inligting of besprekings, kontak Doxa Deo kantoor 011 867 5954 of www.doxadeo-meyersdal.co.za. Kaartjiekoste is R100 per persoon.

Exit mobile version