EntertainmentLifestyle

Oudisies vir “My boetie se sussie se ou”

Lefra Produksies het sopas die regte bekom om Ray Cooney se baie snaakse klug, MY BOETIE SE SUSSIE SE OU op te voer. Dis in Afrikaans vertaal en verwerk deur Pierre van Pletzen. Frans Swart sal die regie van hanteer.

Lefra Produksies het sopas die regte bekom om Ray Cooney se baie snaakse klug, MY BOETIE SE SUSSIE SE OU op te voer.  Dis in Afrikaans vertaal en verwerk deur Pierre van Pletzen.  Frans Swart sal die regie van hanteer.

“Hierdie is natuurlik die opvolg op MY VROU SE MAN SE VROU,” sê regisseur Frans Swart.  “In My Vrou se Man se Vrou het John Smith twee vrouens gehad.  Nou het hy ‘n seun by die een vrou en ‘n dogter by die ander vrou.  Tipies klug, raak die twee “kinders” op mekaar verlief en John moet alles in sy vermoë doe nom die “boetie” en “sussie” uitmekaar te hou.  Hierdie plot gee wonderlike materiaal vir komiese momente in ‘n uitstekende klug.”  Swart se ook dat hy hierdie klug beskou as een van die snaaksstes wat Ray Cooney ooit geskryf het.

Oudisies word op 16 en 17 Januarie 2014 gehou vir die volgende karakters:

  • Barbara Smith (30-40 jarige vrou)
  • Mary Smith (30-40 jarige vrou)
  • John Smith (30-40 jarige man)
  • Stanley Gardner (40-50 jarige man)
  • Stanley se Pa (65-75 jarige man)

Oudisies word ook vir twee jong spelers gehou:

  • Gavin Smith (16-21 jarige seun)
  • Vicky Smith (16-21 jarige dogter)

Indien spelers nog skoolgaande is, moet hulle en hul ouers bereid wees dat hulle gedurende skooltye toer.

Om vir die oudisies genooi te word, moet kandidate ‘n volledige CV met rolle vertolk en ‘n onlangse  foto e-pos aan admin@lefra.com  Dit kan ook gefaks word aan (011) 362 5233.   Meer inligting is beskikbaar van Charl Senekal by (011) 815 3000.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button