Laerskool Randhart het ‘n spoggerige viering beleef ter ere van hul 50ste bestaansjaar.
Die skool was oorstroom met ballonne en konfetti-kanonne wat die lug oorheers het. Feestelike toesprake, danse van die skool se pom-poms, en ‘n groot verjaarsdag koek het die dag perfek gemaak.
Oud- en huidige Ranties het die geleentheid bygewoon, en die skool se ryk geskiedenis is met trots gevier.
Hierdie mylpaal viering sal vir ‘n lang tyd in die geheue van almal bly voortleef.
Dit is nie 'n verjaarsdag sonder koek nie, op die foto is die verjaarsdagkoek van Laerskool Randhart se 50ste.
Marlene Gerber.
Rudi de Ru.
Laerskool Randhart se skoolhoof, Marlene Gerber.
Dit was 'n dag van feesvieringe vir die leerders van Laerskool Randhart.
Francois Venter en Deon van Zyl.
Alida Pelser, Chrisna Lessing en Tienie Daffue.
Lezé Prinsloo en Ava Allen.
Conner Roesch (hoofseun) en Lezé Prinsloo (hoofdogter).