SchoolsSport

Allies-span skop stof in ander se oë

Hoërskool Alberton en Wesley Pretorius die o16A rugbyspan afrigter, kan met reg trots wees op die span se prestasies.

Die span was die enigste skoolspan van Alberton wat tydens die Skills Development Corporation (SDC) Noorvaal ‘n SDC Noordvaal titel in Groep Een gewen het.

Die SDC Noordvaal Cup bestaan uit Groep Een tot Vyf-B. Groep Een bestaan uit vier afdelings waarvan die Bowl een is. Die skole in die Bowl Afdeling was hoërskole Alberton, Pietersburg, Die Anker, Wesvalia, Potch Volkies, Eldoraigne, Merensky en Dr Malan.

Daar is 211 skole wat in die toernooi deelneem wat o14, o15, o16 en eerste spanne ingesluit het. Meer as 20 000 seuns speel in die kompetisie wat vanjaar sy 101ste wedstryde gesien het.

Allies o16A-span is die enigste skoolspan van Alberton wat tydens die Skills Development Corporation (SDC) Noorvaal ‘n SDC Noordvaal titel in Groep Een gewen het.

Die reeks bestaan reeds sedert 1920 en daar was sleg drie jaar waartydens die kompetisie nie plaasgevind het nie. Die eerste was in 1948 as gevolg van polio en die twee Covid jare.

Allies se o16A het nommer een geëindig in die poelfase en in die halffinaal klop die span Die Anker 26-17.
In die finaal het die Alberton o16s Wesvalia gewen met die eindtelling van 22-7.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button