Marais Viljoen oorheers netballiga met agt titel oorwinnings

Marais Viljoen is bekroon as die algehele wenners van die Ekurhuleni A-liga.

Hoërskool Marais Viljoen High se netbalspanne neem jaarliks aan die Ekurhuleni A-liga deel.

Die skool het al teen Hoërskool Dr EG Jansen, Hoërskool Dinamika, Hoërskool Kempton Park, Hoërskool Die Anker, Hoërskool Jeugland en Hoërskool Oosterlig gekompeteer.

Vanjaar het hulle altesaam 14 spanne uit die o14 tot o18-groepe vir die liga ingeskryf.

Viljoeners het uitsonderlike prestasies behaal en agt uit die 14 spanne was ligawenners.

Die o14C, o14D, o15A, o15B, o15C, o16B, o16C en o18B het as wenners van die liga weggestap.

Hierdie is voorwaar ’n wonderlike prestasie en na afhandeling van die liga is Marais Viljoen gekroon as die algehele wenners van die liga, met Hoërskool Kempton Park in die tweede plek.

Dit is die tweede jaar in ’n ry wat Marais Viljoen die algehele wenner is.

Vier van Marais Viljoen se spanne dring deur na die Gauteng-kampioenskappe wat op 16-18 Junie in Boksburg plaasvind. Hierdie spanne is onder meer die o14A, o15A, o/16A en die eerste netbalspan.

“Ons is werklik baie trots op hierdie dogters en wens hulle alle voorspoed toe vir die toernooi wat voorlê,” het die skoolhoof Johlet Krause gesê.

Die o16C-span.
Die o15B-span.
Die o14D-span.
Die o16B-span.
Die o15A-span.
Die o15C-span.
Die o14C-span.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version