School sportSport

O-15’s wen Virsekerbeker

Dié span wen die Plaat-afdeling.

DIE Virsekerbeker se eindstryde het op 18 Augustus by LC de Villiers stadion by die Universiteit van Pretoria plaasgevind.

Met trots het Hoërskool Marais Viljoen High School se o-15-span die Plaat-afdeling gewen en het hulle die hoogste op die lys van die eindstryde van alle deelnemende Oos-randskole (alle ouderdomme) wat aan die verskillende Virsekerbeker-afdelings deelgeneem het, gerang. Hulle het Hoërskool Rustenburg met 13-10 geklop.

Volgens Ryno Luus, sportdirekteur van Marais Viljoen, moet die prestasie van die o-15 ouderdomsgroep gesien word teen die agtergrond van drie van Marais Viljoen se spanne, naamlik die eerstes, o-16’s en o-15’s wat ’n week gelede nog in die halfeindstryde gespeel het.

“In enige taal ’n prestasiekurwe waarop enige skool, gemeenskap of streek kan trots wees, oftewel ongetwyfeld bewys dat Marais Viljoen sy rugbytalent deurentyd ontwikkel met die klem op bestendigheid eerder as uitskietgroepe,” het hy gesê.

Lees Ook:

In defeat, Allies were not disgraced

Spelers in spanne opgeneem

Alberton High cyclists complete second Gauteng race

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button