SA-kampioen uit Alberton bodem

Jonathan Sam van Alberton het ’n goue medalje by hierdie jaar se boks nasionale kampioenskap gewen.

JONATHAN Sam (24), ’n jong bokser van Alberton, is op 7 Julie as die Suid-Afrikaanse kampioen in die 91kg+ kategorie aangewys.

Hy het in 2012 begin om amateur te boks en beskryf sy belangstelling in boks wat al jare lank in sy bloed is. Sy pa het in sy jong dae geboks en Jonathan se oupa se broer, Charl Sam, was die eerste Springbok-bokser van die Alberton Boksklub.

Van die eerste oomlik van sy boksloopbaan was Jonathan se oë daarop gemik om ook ’n Springbokbokser te word, iets wat hy dadelik met sy eerste boksafrigter Gert de Klerk gedeel het.

“Toe ek instap by die klub het ek vir oom Gert gesê ek wil beter wees as almal daar binne,” het Jonathan van sy eerste dag van boks vertel. “Hy het gesê dit gaan harde werk wees maar as ek sal daaran werk sal hy my al die pad help.” Sò het Jonathan se soeke na ’n Springboktitel begin – iets wat jare se harde werk van hom sou verg.

Die groot toets

Jonathan het sy eerste 10 ameteur gevegte gewen. Na die gevegte was Jonathan se droom die eerste keer getoets toe hy ’n paar gevegte na mekaar verloor het.

“As mens so verloor begin jy dink dat jy dalk nie goed genoeg is om teen die sterker boksers te kompeteer nie,” het Jonathan gesê.

Hy het toe ’n breuk gevat van die boks af maar kon nie lank wegbly nie.

In 2014 begin hy weer met volle mag om te strewe na sy droom. Jonathan se boksloopbaan het al hoe beter gevaar en in 2015 behaal hy ’n tweede plek in die SA-kampioenskappe.

Hierdie sou egter gevolg word deur tragedie wat Jonathan tref. Hy het sy hand in ’n geveg gebreek wat onmiddellik sy toekoms in boks vir hom onseker gemaak het.

“Toe dit gebeur het, het ek net gedink wat kon ek meer doen as ek nie seer gekry het nie,” het hy gesê. Gelukkig het Jonathan volledig herstel en sodra die dokters gesê het hy kan weer boks het hy die kruit betree met ’n nuwe vuur in sy oë.

“Ek dink dit is die belangrikste dryfkrag wat ek kon gekry het. Daar was nie meer ’n verskoning nie.”

Die regte motivering

Met sy terugkeer behaal Jonathan weer in 2017 ’n silwer medalje. In Februarie 2018 het sy droom van Springbok wees waar geword en hy het sy Suid-Afrikaanse kleure ontvang.

Hierdie was vir hom meer as genoeg motivering en in Julie in Secunda, het hy met ’n goue medalje weggestap.

Jonathan se droom verder is om Suid-Afrika by die Olimpiese of Statebondspele te verteenwoordig. Dus is sy teiken verm op Tokyo 2020.

“Ek dink die belangrikste aspek vir ’n bokser is om nooit op te hou nie,” het Jonathan gesê. “Moet nooit dink dat jy genoeg gedoen het nie. Eers waneer jy alles gedoen het is jy reg vir die volgende geveg.”

Jonathan Sam is beslis ’n naam wat in die toekoms dopgehou kan word.

Lees Ook:

Alberton bokser word SA kampioen

Alberton amateur boxers honoured

Champs Boxing Club’s award winners

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version