School sportSport

Marais Viljoen afrigter help Springbokke

“Dit was ’n groot voorreg om saam met die Bokke te werk,” het Ryno Luus gesê.

RYNO Luus, Marais Viljoen se eerste rugbyspan afrigter was onlangs deel van ’n groep agtergeblewe Springbokke wat ’n rugbykliniek aan meer as 100 seuns in Soweto aangebied het.

Eers, ’n bietjie agtergrond: 43 Springbokke is in twee groepe gedeel, waarvan die een groep, almal nuwe Bokke, verlede Saterdag in Amerika teen Wallis gespeel en verloor het. Die ander groep, wat nie saamgegaan het Amerika toe nie, is die bogenoemde “agtergeblewe” Springbokke.

RUGBYKLINIEK: Ryno Luus en Siya Kolisi (nuwe Bok-kaptein) in Soweto waar die rugbykliniek gehou is.

By die bogenoemde rugbykliniek het die agtergeblewe Bokke van die Lions afrigters gevra om hulle te help voorberei – insluitend Ryno Luus, ’n Lions afrigter wat ook van Hoërskool Marais Viljoen se skoolspanne afrig.

“Dit was ’n groot voorreg om saam met die Bokke te werk en sodoende iets terug te ploeg en aan die toekoms van rugby te werk,” het Ryno trots gesê.

Die 17 agtergeblewe Bokke, wat op 31 Mei deel van die kliniek in Soweto was, vertrek 8 Junie na Brittanje waar hulle by die ander Bokke gaan aansluit om drie toetse in Brittanje te speel.

OEFEN: Ryno Luus en ander afrigters help die Bokke oefen.

Also Read:

Marais Viljoen dominates at district athletics

Important notice: HOËRSKOOL Marais Viljoen Grade Eight applications

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button