[GALLERY + VIDEOS]: Allies wen Derby teen Namies

Allies stap weg as wenners.

DIT was ’n heerlike sportdag by Hoërskool Alberton tydens die jaarlikse Alberton Derby byeenkoms wat op 12 Mei gehou is.

Rugby- en hokkiespelers het hulself vir ’n groot dag gereedgemaak. Allies se pom-poms groep was ook teenwoordig en het vir goeie geesbou gesorg.

RUGBY: Hoërskool Alberton en Hoërskool Dinamika in aksie tydens die Alberton Derby.

Volgens Eline Jordaan, adjunkhoof van Hoërskool Alberton, was dit ook ’n goeie manier om Allies se 70ste verjaarsdag feesweek af te sluit. Die eerste rugbyspan het Dinamika met 51-14 geklop. Spelers van die wedstryd was Jimmy Dadswell, Francois Myburgh, Sefundo Nkosi, PJ van der Merwe en Jonathan Potgieter.

HET HOM: Allies se eerste rugbyspan vang die bal tydens ’n lynstaan.

Ander rugby uitslae: o-14 verloor met 7-21; o-15 wen met 12- 0; o-16 wen met 35-7 en die tweedes wen met 19-5.

KYK: 

Hokkie uitslae: o-14 speel gelyk op met 0-0; o-15 verloor met 0-2; o-16 verloor met 0-5; tweedes speel gelyk op met 0-0 en eerstes wen met 4-2.

KYK: 

Die skool het al hulle borge, ouers, onderwysers, ondersteuners en spelers bedank vir al hulle harde werk en insette.

DIS MYNE: Allies se eerste rugbyspan vang die bal tydens ’n lynstaan.
OP PAD NA DIE PALE: Allie-speler op pad om ’n drie te druk.
AKSIE: Hoërskool Alberton se eerste hokkiespan in aksie teen Hoërskool Dinamika se span.
NOG EEN: Hier is nog ’n Allie-speler nadat hy ’n drie vir sy skool gedruk het.

READ:

Allies are the champions again

GALLERY: Allies finally beat Dinamika

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version