Namies kry sport prestasies

Hoërskool Dinamika se leerlinge het onlangs baie goed in netbal en krieket presteer.

IN beide netbal en krieket het Hoërskool Dinamika se leerlinge onlangs baie goed presteer.

Hulle het elke netbalwedstryd in ’n onlangse Superreeks gewen. Spelers is vir die Gauteng netbalspan gekies en krieketspeler Ewan Fraser het nuwe hoogtes bereik.

Hoërskool Dinamika het tydens die Superreeks uitstekend teen Vereeniging Gimnasium gevaar. Dinamika het elke wedstryd gewen.

“Hoewel dit ’n naelbytwedstryd vir die eerstespan was, het hulle met ’n punt gewen en met trotse harte van die baan afgestap,” het Leandri Prinsloo namens die skool gesê.

Só lyk die resultate van Dinamika teen Vereeniging Gimnasium:

o-19A – 35-34; o-19B – 43-9; o-17A – 61-1; o-17B – 34-8; o-16A – 21-17; o-16B – 16-13; o-16C – 15-3; o-15A – 40-11; o-15B – 32-8; o-15C – 14-5; o-14A – 16-13; o-14B – 17-14 en o-14C – 7-3.

Baie geluk aan Kamohelo Hlahane (o-14), Anisha Jordaan (o-15), Jade Egwatu (o-14) en Melindi Nortje (o-17) wat vir die Gauteng netbalspan gekies is, asook Me R Venter wie as die o-14 Gauteng netbalafrigter gekies is.

Laastens, baie geluk aan Ewan Fraser. Hy is gekies om vir die o-14 Easterns Club krieketspan te speel.

“Dinamika is baie trots op elkeen van julle en wens julle alle sterkte en voorspoed toe om julle volgende prestasies te bereik,” het Leandri gesê.

Read:

Dylan Jacobs of Alberton High donates two wheelchairs to Broken Wings

Alberton Lions thank Glenanda Primary

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version