School sportSport

Atlete presteer by SA Kampioenskappe

Vier atlete van Hoërskool Marais Viljoen het aan die Suid-Afrikaanse Hoërskole Atletiekkampioenskappe in Potchefstroom deelgeneem.

VIER atlete van Hoërskool Marais Viljoen het aan die Suid-Afrikaanse Hoërskole Atletiekkampioenskappe by die MacArthur stadion in Potchefstroom, van 22 tot 24 Maart, deelgeneem.

Carla Hattingh (o-17) het ’n rekordtyd van 53:84 sekondes in die 400m opgestel en daarmee goud verower. Die ou rekord van 54:17 sekondes het sedert 26 Maart 2010 gestaan.

In die 400m hekkies het sy tweede geeïndig en in die wissel-aflos het sy en haar Gauteng spanmaats ook ’n tweede plek verower. Die wissel-aflos word oor onderskeidelik 400m, 300m, 200m en 100m gehardloop. Carla het die 300m afstand gehardloop.

GAUTENG ATLETE: Die atlete van Marais Viljoen wat aan die nasionale kampioenskappe deelgeneem het is JD Prinsloo, Brooklyn Harvey, Carla Hattingh en Thabo Viti.

Thabo Viti (o-19) het aan die 1 500m deelgeneem en ’n vierde plek met ’n tyd van 3:55:34 verower.

Brooklyn Harvey (o-15) het ’n agste plek in die verspring met ’n afstand van 5.18m verower, ’n persoonlike beste.

JD Prinsloo (o-17) het ’n persoonlike beste tyd van 47:56 sekondes aangeteken in die 400m en ’n sesde plek behaal.

JD, Carla en Thabo het ook op 6 en 7 April aan die Suid-Afrikaanse klubkampioenskappe in die Paarl deelgeneem. Hul uitslae sal in ’n volgende uitgawe gepubliseer word.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button