![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/35/2018/02/BesteSportskool_93751.jpg)
LAERSKOOL Randhart het onlangs weer eens bewys hulle is die beste van die beste op die sportveld.
Op 9 Februarie het Laerskool Randhart by die distrik se toekenningsaand met twee toekennings vir 2017 weggestap.
Vir die tweede agtereenvolgende jaar is hulle as die beste sportskool in die distrik aangewys en die o-12-netbalspan van 2017 is ook aangewys as die beste netbalspan van die jaar, aangesien hulle die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gewen het.
“Baie geluk, Ranties. Julle is die sterre wat Laerskool Randhart laat skitter en hierdie toekenning, as beste sportskool in die distrik, word spesiaal aan julle opgedra,” het Michael Boucher van die skool gesê.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/35/2018/02/BesteNetbalspan_21171-520x390.jpg)
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.