School sportSport

Allies tweede in rugbyreeks

Skool sien uit na 2018 se rugbyseisoen.

HOËRSKOOL Alberton het vanjaar weer aan die UJ Coke rugby series deelgeneem en het op laasjaar se uitslae, waar hulle algeheel derde geeindig het, verbeter.

Hoërskool Alberton het met oortuigende vertonings teen skole soos Hoërskool Florida, Hoërskool Randburg en met Hoërskool Marais Viljoen afgereken om na die reeks se finaal deur te dring. In die finaal het hulle teen Hoërskool Monument (Monnas) te staan gekom. Allies het die westryd ongelukkig teen Hoërskool Monument 10-40 verloor maar dit was beslis nie ‘n ware refleksie van die wedstryd nie.

TROTS: Rugby seefier op die ou einde! Goeie sportmanskap van beide skole.

Die finaal sal deur beide spanne onthou word as ‘n harde wedstryd wat vir impakspel en duikslae deur beide spanne gesorg het.

Hoërskool Alberton moes op die ou end betaal vir al die geleenthede wat hulle verbrou het en Monnas was beloon vir kanse wat hulle goed gebruik het.

IN AKSIE: Hoërskool Alberton op die aanval.

Die wedstryd was na die eindfluitjie deur beide spanne gevier. Hulle het mekaar vir hul harde spel geloof en die wedstryd het weer eens bewys hoe groot invloed rugby, deur middel van sportmanskap en respek wat na die wedstryd getoon is, het.

VERDEDIG: Hoërskool Alberton toets Monnas se verdediging.

Allies wens Monnas, wat as waardige kampioene gekroon is, geluk.

Hoërskool Alberton en sy afrigter is voorwaar trots op die tuisspan wat vanjaar ‘n tweede plek in die gesogte rugbyreeks behaal het.

SKRUM: Francois Myburgh (9) voer die skrum vir die Allies.

Allies se spelers begin Oktober met hulle voorseiseon se voorbereiding vir 2018 en as die uitslae in UJ Coke-series vir Hoërskool Alberton ‘n voorskou was vir wat volgende jaar kom, dan beloof dit ‘n goeie 2018 seisoen vir Allies te wees.

BAIE GELUK: Jonathan Potgieter (10) van die Allies sit sy agterlyn aan die gang.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button