Local sportSport

Kleuter (3) blink op die gholfbaan

Selfdissipline is geen probleem vir Louvan nie, want volgens sy ouers is dit al wat hy wil doen - hy slaan soms in die aande totdat sy ouers hom moet soebat om in te kom.

KLEIN gholfspeler Louvan Andries Becker, van Alberton, mag net die volgende wêreld se beste wees eendag.

Hierdie drie-jarige speel al byna ‘n jaar en sal mense laat gons met hoe goed hy werklik is.

“Ek het al van baie vroegs af, ses maande oud, met Louvan begin bal speel, so sy ‘ball-sense’ is natuurlik baie goed,” sê Louvan se pa, Lourens Becker, trots.

SUPERSTER VAN DIE TOEKOMS: Louvan Becker met sy gholfstel. Al wat die drie-jarige wil doen is balle slaan.
SUPERSTER VAN DIE TOEKOMS: Louvan Becker met sy gholfstel. Al wat die drie-jarige wil doen is balle slaan.

“Louvan het dadelik belanggestel in gholf, toe koop ek vir hom sy eie klein stel stokke en ons het hom maar so aan die gang gekry,” voeg Lourens by. Hy het slaannette vir sy seun by hul huis opgerig sodat hy tot sy hartsbegeerte letterlik kon uitoefen en lekker balle kan slaan, en dat Lourens sodoende ‘n ogie op sy seun kon hou.

Selfdissipline is geen probleem vir Louvan nie, want volgens sy ouers is dit al wat hy wil doen – hy slaan soms in die aande totdat sy ouers hom moet soebat om in te kom.

Louvan oefen drie keer per week, met twee afrigters, by Reading Gholfklub, sowel as die Newmarket Driving Range, onderskeidelik.

"BECKER BALL": Die Becker gesin, Lourens Becker en sy vrou, Lechien, met hul klein gholf-breker, Louvan.
“BECKER BALL”: Die Becker gesin, Lourens Becker en sy vrou, Lechien, met hul klein gholf-breker, Louvan.

“In plekke soos Europe en Amerika is dit nie ongewoon dat kinders op so jonk al gholf begin speel nie, maar in Suid-Afrika gebeur dit nie eintlik nie; hier begin hulle vroegste van so sewe jaar oud, so daar is bietjie van ‘n agterstand wat dit betref,” sê Lourens.

“My werk is hom te ondersteun en toe te laat om sy passie en liefde vir gholf uit te leef en koester,” voeg Lourens by.

Hierdie klein seun van Alberton is beslis een om dop te hou vir die toekoms. Die REKORD kan daarvan getuig, want Louvan het graag sy talent vir ons in die slaannette gewys.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

 
Back to top button