Local sportSport

Leeuwenhof sukkel teen opponente

Leeuwenhof Akademie het onlangs gesukkel in hul rugbywedstryde teen Ellisras en Piet Potgieter.

LEEUWENHOF Akademie het onlangs gesukkel in hul rugbywedstryde teen Ellisras en Piet Potgieter.

Die Leeutjies het ’n strawwe stryd gehad toe hulle die twee ander spanne teengestaan het in die Beeld Trofee semi-finaal wat einde Augustus gehou is.

Die eerste wedstryd van die dag was die o.14 Leeutjies teen Ellisras. Dit was ’n moeilike wedstryd vir Leeuwenhof wat teen ’n formidabele span te staan gekom het.

Ellisras het goed met die bal gehardloop en die lyne wat hulle gehardloop het was uitstaande. Leeuwenhof het op tye gevaarlik gelyk, maar Ellisras het halftyd met 38-0 voorgeloop en teen die tyd wat die eindfluitjie geblaas het, het hulle met 58 punte teenoor nul geseëvier.

Die o.15-span het daarna teen Piet Potgieter uitgedraf. Spel was bietjie rof, en humeure het van tyd tot tyd opgevlam, wat regtig weggevat het van die spel, maar Leeuwenhof het hulself redelik goed in toom gehou.

Leeuwenhof se voorry het goed gedoen, maar die opposisie se agterlyn was giftig en het die Leeutjies gereeld gestraf.

Halftyd was die telling nie te sleg nie, met Piet Potgieter wat slegs met 12-7 voorgeloop het, maar in die tweede helfte het Piet Potgieter behoorlik weggehardloop met die wedstryd en eindelik die Leeutjies 50-7 geklop.

Leeuwenhof se Ruwan Fouché het die span se enigste drie gedruk wat Reinhardt Venter verdoel het.

Volgende op die kaart was die o.16’s wat teen Ellisras kragte gemeet het, en dit was ’n opwindende wedstryd om te aanskou. Albei spanne het goeie rugby gespeel en ook maar foute hier en daar gemaak.

Halftyd het Ellisras met 21-10 voorgeloop en koning gekraai met ’n eindtelling van 46-17. Leeuwenhof se Ulrich Roelofse en WH Barnard het elkeen ’n drie gedruk, terwyl Janco van der Merwe albei drieë verdoel het en een strafskop oorgeknikker het.

Ellisras het net te veel spoed (soos met die o.14’s) gehad vir die Leeutjies, iets waaraan hulle sal moet werk in die toekoms.

Al het Leeuwenhof al drie wedstryde verloor, moet dit genoem word dat hulle minder as 100 rugbyspelers in die hele skool het, en hulle het wel drie Goue Leeus-eindstryde gewen om deur te dring tot die semi-finaal in die Beeld Trofee-reeks.

Baie geluk aan Leeuwenhof vir ’n uitmuntende seisoen.

Berig (vertaal) en foto’s verskaf deur Wayne Raath.

U mag ook in die volgende belangstel:

 

Leeuwenhof Akademie presteer.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.

Related Articles

 
Back to top button