Leeuwenhof Akademie o.15 span wen groot

Leeuwenhof Akademie se o.15 Rugbyspan wen teen Hoërskool Fochville.

LEEUWENHOF Akademie se o.15 rugbyspan het groot karakter gewys in hul oorwinning oor Hoërskool Fochville in die eindstryd vir die Goue Leeus Mediumskole toernooi wat op Saterdag, 23 Julie, by die Alberton Rugbyklub, plaasgevind het.

Dit was ’n goeie en kompeterende wedstryd om te aanskou.

Die wedstryd het vir 30 minute met die Grootskole eindstryd oorvleuel, maar almal wat die wedstryd gesien het, het gelyk of hulle dit geniet het.

Albei spanne het hard gespeel, maar die Leeutjies se groot harte het hulle oor die lyn gekry.

Fochville het die eerste bloed getrek toe hul in die vierde minuut ’n drie gaan druk het, toe hul skrumskakel ’n losbal opgetel het en deur die verdediging gedruk het om vyf punte aan te teken.

Leeuwenhof het egter nie gaan lê nie en het geantwoord met hul eie drie nadat die Fochies se verdediging deurboor is vir hul eie vyf punt drie om die telling gelyk te maak.

Vyf minute later het die voorry van die Leeutjies vir Fochville geboelie en agtsteman Ethan Schneigansz, het sy lyf oor die doellyn geforseer om vir Leeuwenhof te laat voorloop.

Van daai punt af was dit maar ’n toutrekkery met die Fochies wat weer in trefafstand was na ’n strafskop wat hul losskakel oor die pale laat seil het.

Slot Ruwan Fouché het vir Leeuwenhof nog vyf punte verseker toe hy regdeur Fochville se verdediging gehardloop het. Hierdie drie is ook verdoel vir nog twee punte.

Die tweede helfte het begin nes die eerste, met Schneigansz wat weer vyf punte vir sy span agter die Fochies doellyn gaan haal het, en al het die skopper gemis, het dit vir Leeuwenhof steeds ’n voorsprong van 22 punte teenoor agt gegee.

Met net 15 minute van spel oor, het Fochville goed gedoen om terug te baklei, met ’n verdoelde drie, sowel as ’n suksesvolle strafskop, wat die telling bietjie meer gebalanseerd gelaat het op 22-18.

Met vyf minute se spel oor, het die uitstekende Schneigansz, met behulp van die breker voorry, sy driekuns voltooi.

Die drie was nie verdoel nie, maar die eindtelling van 27-18 het vir Leeuwenhof die wen verseker na ‘n uitdagende wedstryd.

*For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

U mag ook geinteresseerd wees in:

*Leeuwenhof Akademie presteer

*Welpierugby vat vlam

Exit mobile version