Allies palm wipplank wedstryd in

Hoërskool Alberton het op Saterdag 28 Mei vir Hoërskool Jan Viljoen aangevat in nog ’n ligawedstryd vir die Goue Leeus Grootskole toernooi.

HOËRSKOOL Alberton het op Saterdag 28 Mei vir Hoërskool Jan Viljoen aangevat in nog ’n ligawedstryd vir die Goue Leeus Grootskole toernooi.

Dit was nog ’n nabye wedstryd, met Jan Viljoen wat moes wen om ’n kans te hê om te kwalifiseer vir die uitspeelrondtes in die toernooi, waarna Alberton klaar deurgedring het met ’n tweede plek op die liga ranglys, agter Dinamika.

Jan Viljoen was van die begin af ’n bedreiging vir die tuisspan, en het baie druk op hul geplaas met hul indrukwekkende agterlyn. Die Allies het sekerlik geweet dat Jan Viljoen hul harte gaan uit speel, maar hulle het steeds heel geskok gelyk met die wegspan se spel.

Alberton het goeie dissipline gehandhaaf op verdediging om hul teenstanders weg te hou van die doellyn, maar hulle het ’n kans verbrou om punte te kry, met ’n mislukte strafskop, maar Jan Viljoen het hul kans gebruik, wat die telling tot 0-3 gebring het.

Die Allies het gesukkel om hul ritme te vind, maar hul linker-vleuel, Jonothan Potgieter, het dit reggekry om ’n drie in die hoek te gaan druk, wat die telling 5-3 gemaak het.

Jan Viljoen het egter nie gaan lê nie, en hulle het ’n goeie aanval deur hul agterlyn geloots en terugeslaan met hul eie drie, kort voor die halftyd fluitjie, om die telling 5-8 te maak.

Kort na die breek het die wegspan ’n omstrede drie, wat die tuisspan onkant gevang het, van hul lynstaan af gaan druk; al het die Allies-kaptein die geldigheid van die drie bevraagteken, het die skeidsregter daarby gestaan.

Die tuisspan het egter terugbaklei en Allies se heelagter, Caltino Jones, het ’n drie gaan druk om sy span weer binne trefafstand te hou van die wegspan.

Alberton het daadwerklik die druk begin toepas en 10 minute voor die eindfluitjie het Jones ’n slim skoppie in Potgieter se hande gesit, wat die verdediging deurboor het om ’n drie te gaan druk.

Jones het die bal deur die pale gejaag vir die ekstra twee punte, en sodoende Allies se oorwinning verseker met ’n telling van 17-13.

*Verskaf deur Wayne Raath (vertaal).

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Exit mobile version