Dinamika Rugby TopsORDinamika rugbymanne wen weer

Twee van Alberton se Afrikaanse skole het mekaar aangevat tydens 'n wedstryd in die Goue Leeus Groot Skole Liga toernooi, op 14 Mei.

TWEE van Alberton se Afrikaanse skole het mekaar aangevat tydens ‘n wedstryd in die Goue Leeus Groot Skole Liga toernooi, op 14 Mei.

Dinamika en Hoërskool Alberton het in nat en koue toestande op Dinamika se sportgronde gespeel, vir die reg om te spog met waardevolle ligapunte vir die toernooi.

As gevolg van die weer is daar baie geskop en ‘n klomp hanteerfoute, omdat die bal so glad was.

Albei spanne het hul bes probeer in die moeilike omstandighede, maar dit was uiteindelik Dinamika wat bo geëindig het, met ‘n telling van ses teenoor drie.

Dinamika het met hierdie vertoning hul sege voortgesit en dit was Hoërskool Alberton se eerste verlies.

Dinamika het op 21 Mei met Riebeeckrand afgereken, met ‘n telling van 23-9, en speel ‘n wegwedstryd op 4 Junie teen die Hoërskool Jan Viljoen.

*Inligting en foto verskaf deur Wayne Raath.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version