Local sportSchool sportSport

President gee Alberton ’n loesing

President klop Alberton High in GLRU ligawedstryd.

DIE eerstespan van Hoërskool President High School het vir groot opwinding gesorg toe hy sy eweknie van Alberton, Alberton High School, met 29-15 geklop het.

Dié Goue Leeus Rugby Unie (GLRU) Middelskole wedstryd het op Emirates Airline Park op Saterdag 21 Mei plaasgevind.

Die manne van die suide het nie op hul laat wag nie en behoorlik ingeklim om na ’n skrale vyf minute reeds oor te duik vir hul eerste van vyf drieë. Die tweede drie het kort daarna in die vyftiende minuut gevolg toe senter Mandla Tshabalala langs die kantlyn genael het om sy span se tweede drie aan te teken. Hy het sy driekuns in die tweede helfte behaal toe hy weer eens oorgeduik het.

Donavan du Toit het twee van die vyf drieë verdoel.

President se eerstespan spog nou met twee oorwinnings in die liga nadat hulle ook Carletonville pakslae gegee het. Die span sal nog twee wedstryde in die liga speel voordat die Leeu-eindstryd in die liga gespeel word.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button