Malajika Suide se Protea-bokser

South Hills bokser verwerf nasionale kleure.

SLEGS een van Gautengspan se boksers het nasionale kleure verwerf tydens die Suid-Afrikaanse Jeug en Junior Kampioenskappe wat in Maart in Kaapstad gehou is.

Ricardo Malajika sal Suid-Afrika by twee geleenthede later vanjaar verteenwoordig. Hy sal aan die Sone Vyf Afrika Kampioenskappe (wat in Namibië of Botswana gehou gaan word) in Julie/Augustus deelneem en dan ook aan die Wêreldkampioenskappe in Oktober/November. Die presiese lande waar die kampioenskappe gehou word, sal nog aangekondig word.

Malajika is een van South Hills se boksers wat deur Billy Hurford afgerig word.

Exit mobile version