School sportSport

Atlete presteer

Laerskool Randhart is baie trots op die atlete wat die skool se naam hoog gehou het.

TYDENS die Nasionale Atletiekkampioenskappe wat vanaf 10 tot 12 Maart in Port Elizabeth by die Nelson Mandela Baai stadion plaasgevind het, het daar sewe atlete van Laerskool Randhart deelgeneem.

Hier volg hul prestasies:

– Salomé Nel behaal die uitsonderlike prestasie om ’n goue medalje te verower met die 70m hekkies vir dogters o.10. Haar aflosspan verower ook goud tydens die byeenkoms.

– Reece Claassen hardloop ’n derde plek los in die 70m hekkies vir seuns o.11.

– Dian Mulder eindig vierde in die 800m en behaal ’n sesde plek in die 1500m vir seuns o.13.

– Kyle Middleton wys sy staal met gewigstoot vir seuns o.11 en kry ’n vierde plek.

– Amoné Nel behaal ’n sesde plek in die 75m hekkies vir dogters o.13.

– Bernadette Wilson skop stof op en slaan ’n sewende plek los in die 1500m vir dogters o.13.

– Deneke Snyman slaag net-net nie daarin om in die 800m finaal te hardloop vir dogters o.13 nie.

Laerskool Randhart is baie trots op hierdie atlete wat die skool se naam hoog gehou het.

 

Related Articles

Back to top button