Leeus halt Stormers se optog

Leeus wen bulstryd teen Stormers in Vodacom Super Rugby wedstryd.

DIE Emirates Leeus het ’n stokkie voor die DHL Stormers se optog, om onoorwonne in die Afrika konferensies te bly, gesteek.

Met uitstekende spel tussen voor- en agterspelers, het die Leeus Saterdag 16 April op hul tuisveld, Emirates Airline Park, die Stormers met 29-22 geklop. Dit was ook allerweë as ’n soort Springbok-proewe gesien en die nuwe bok breier, Alistair Coetzee, sal nie slegte keuses maak as hy van hierdie spelers in sy groep insluit nie.

Met dié oorwinning het die Johannesburgse span nader aan die algehele voorloper van die Afrika konferensie, DHL Stormers, gekruip en sy punteverskil in die Afrika konferensie groep twee verder vergroot. Die Stormers het nou 24 teenoor die Leeus se 22 punte in die Afrika groep behaal, terwyl die Leeus in die Afrika konferensie groep twee se totale punte op 22 staan. Cell C Sharks is op 17 punte in die tweede plek.

Dat die Vodacom Super Rugby nog in sy beginstadium is en nog baie rugby gespeel gaan word, is ’n voldwonge feit. Maar die Leeus het alreeds in die vroeë stadium sy planne wyd versprei, dat hy baie moeilik in die taai reeks geklop gaan word.

Die wedstryd het van meet af wipplank tussen die twee losskakels gery om hul spanne te laat voorloop. Elton Jantjies het weer eens sy stempel op die losskakel posisie afgedruk deur 19 punte met sy skoen aan te teken. Hiermee het hy soos verlede Saterdag, die Speler van die Wedstryd toekenning losgeslaan.

Ruan Combrinck en Faf de Klerk het elk ’n drie gedruk om aan die Emirates Leeus een van hul belangrikste tuis oorwinnings te gee.

Jean-Luc du Plessis, losskakel van die DHL Stormers, het op sy beurt 17 punte aangeteken en Springbok flank, Siya Kolisi het die Kaapse span se enigste drie gedruk.

Toyota Cheetahs het op hul beurt die hoogste oorwinning in die reeks ooit oor die Sunwolves in Bloemfontein op Vrydag 15 April behaal. Hulle het 14 keer oor die doellyn gaan kuier om met 92-17 te seëvier.

Die Vodacom Blue Bulls het die druk op die voorste spanne gehou in die Afrika konferensies met hul oorwinning oor die Reds Saterdag op Loftus in Pretoria.

Hulle behou hul onoorwonne rekord tuis in vanjaar se Vodacom Super Rugby-reeks deur die Reds 41-22 te klop.

Die Cell C Sharks het Saterdagoggend teen die Blues in Eden Park op hul oorsese toer vasgeval en met 23-18 verloor.

Ander uitslae:

Vrydag 15 April

Crusaders 32, Jaguares 15

Rebels 13, Hurricanes 38

Saterdag 16 April

Waratahs 20, Brumbies 26

Exit mobile version