Local sportSport

Rugbyspelers is koning by Alberton

By A-Square-Forklift Alberton Rugbyklub se jaarlikse seisoensafsluiting prysuitdelingsfunksie was Alberton se rugbyspelers weer koning.

ALBERTON – Min rugbyklubs kan kompeteer met die fenomenale wyse waarop dié klub eer aan sy spelers, borge, afrigters en die plaaslike media bewys.

Albertonrugby was oor die jare heen die eerste tuiste vir groot rugbysterre soos Kevin de Klerk en Jaco Kriel. Sommige van hulle het elders verhuis, maar die rugby-prysuitdeling het aan die huidige spelers getoon dat daar net een rugbytuiste vir hulle is en dit is A-Square Forklift Alberton Rugbyklub, onder Manie Reyneke se professionele leiding.

Ryno Brits, die rugbyman op ’n missie, is vereer as senior speler van die jaar en die borrelende Arnold Smit is algehele klubspeler van die jaar. Die alomteenwoordige Anthony Kapp is driedubbeld gekroon as senior sewesrugbyspeler van die jaar, mees waardevolle senior speler en die spelers se speler van die jaar. Die immergroen Greg Schneider het saam met Arno Visagie weggestap as afrigter van die jaar, terwyl Nolan Cloete ook vermeld is.

Vir die klub se groot borg A-Square-Forklift is hul toekenning net die begin van ’n opwindende nuwe era.

 

Aan die anderkant, het die gordyn reeds gesak oor die RECORD se rugbyverslaggewer, wat vir die soveelste keer en vanjaar vir die laaste keer sedert 2001 onafgebroke as media verslaggewer van die jaar gekroon is. Die Alberton eerstespan se gesogte uitgesoekte rugbytrui is derhalwe aan Peet van Niekerk oorhandig as ’n kosbare kleinood om as herinnering aan Albertonrugby te bewaar.

Vir ’n volledige lys van die wenners sien “Sport in Brief”.

Related Articles

Back to top button